Beacon Rocks Akkommodasie by Laguna La Crete 10 | LekkeSlaap
+24

Laguna La Crete 10

2 resensies
Selfsorg
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 16:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Selveylaan 5, Uvongo, Margate, 4270, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 020 per nag (plek vir 8)

Beskrywing

Laguna La Crete 10 is 'n selfsorgwoonstel in 'n veilige kompleks in Beacon Rocks, Uvongo. Die kompleks is naby Uvongo se swemstrand en ander besienswaardighede in die omgewing.

Die woonstel op die grondvloer bied slaapplek aan 4 volwassenes en 4 kinders en beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n bad. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en die derde slaapkamer het 2 stapelbeddens vir 4 kinders. Elke slaapkamer het 'n plafonwaaier.

Die oopplan-kombuis het 'n yskas, mikrogolfoond, oond, stoof, wasmasjien en 'n tuimeldroër. Die sitkamer langsaan het 'n TV met 'n DStv-koppelpunt. Gaste moet asb. hul eie DStv-dekodeerder, -kabels en -slimkaart saambring. Explora-dekodeerders werk nie hier nie.

Die leefarea maak op 'n stoep met gasbraaigeriewe oop. Die kompleks het ook 'n gemeenskaplike swembad, braaigeriewe, 'n klubhuis, tennisbaan en veilige onderdakparkeerplek.

Die kompleks is 6 km vanaf die Hibiscus Mall, Margate se hoofstrand, Shelly Centre en restaurante en naby ander geriewe aan die Suidkus.

Slaapplek

’n Bespreking by Laguna La Crete 10 sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Dubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Stapelbed
Slaapkamer 3
Plek vir 4 persone
2 xStapelbed

Kenmerke

Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Swem
  • Tennis

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Swem

Hier praat ons

  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.7 uit 5van 2 resensies vir Laguna La Crete 10
Netheid
4.5/5
Diens
4.5/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
4.5/5

Ligging

  • Selveylaan 5, Uvongo, Margate, 4270, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Laguna La Crete 10 het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 020
per nag (plek vir 8)
Vanaf R1 020
per nag (plek vir 8)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 16:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Selveylaan 5, Uvongo, Margate, 4270, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA588X9naGKZsBH6nRz75LABlMQxaaQR1Ryrqi2glWUANaJdXGxT?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 020  per nag (plek vir 8) 2 5 1 5 5 Selvey Avenue Uvongo 4270 KwaZulu-Natal 086 999 0018 14:00-16:00 09:00 -30.836488831296 30.393558547533
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za