Laguna La Crete 170

Voeg by Gunstelinge

 

Spesiale Aanbod 10 % af

Kry 10% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 8 Jul 2019 tot 19 Sep 2019.

Beskrywing

Laguna La Crete 170 is 'n selfsorgwoonstel in 'n veilige kompleks in Beacon Rocks in Uvongo. Die kompleks is naby die Uvongo-swemstrand en ander besienswaardighede in die omgewing.

Dié woonstel op die tweede verdieping het slaapplek vir 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers en 1 badkamer. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Elke kamer het 'n plafonwaaier. Die badkamer het 'n stort, bad, wasbak en toilet, en word deur almal gedeel.

Die oopplan-kombuis het 'n yskas, mikrogolfoond, oond, stoof en 'n wasmasjien. Die sitkamer langsaan het 'n TV met 'n DStv-koppelpunt, so gaste kan hulle eie DStv-dekodeerder en -slimkaart saambring. Daar is egter nie 'n koppelpunt vir Explora-dekodeerders nie.

Die kompleks spog met 'n gemeenskaplike swembad, braaigeriewe, 'n klubhuis, 'n tennisbaan en veilige onderdakparkeerplek. Die kompleks is ook net 6 km vanaf die Hibiscus Mall, Margate-hoofstrand, Shelley Sentrum, restaurante en net 'n entjie se ry van ander geriewe aan dié deel van die Suidkus af.

Slaapplek

'n Bespreking by Laguna La Crete 170 sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem
  •  Tennis

Badkamer

  •  Bad
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Waaier

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Laguna La Crete 170 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R605 R545 per nag (plek vir 4)

Kry 10% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 8 Jul 2019 tot 19 Sep 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false