Laguna La Crete 90

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Laguna La Crete 90 is 'n selfsorgwoonstel in Uvongo - 'n luilekker kusoord aan KwaZulu-Natal se Hibiscuskus. Die vriendelike dorp het 'n ontspanne vakansie-atmosfeer met ongerepte strande en welige subtropiese plantegroei wat tot die pragtige natuurskoon bydra. Kom ontspan op die strand of verken die wildreservate, restaurante, winkels, natuurreservate en gholfbane.

Die woonstel het slaapplek vir 8 gaste en beskik oor 3 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, toilet en 'n wasbak. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die derde slaapkamer het 'n tripelstapelbed en 'n enkelbed,. Die hoofbadkamer het 'n bad, stort, toilet en 'n wasbak.

Die kombuis is ten volle toegerus vir selfsorg en sluit 'n skottelgoedwasser, wasmasjien, stoof, oond, yskas-vrieskas, ysmaker, mikrogolfoond, breekware en eetgerei in. Daar is ook 'n ontbyttoonbank met stoeltjies. Die sitkamer het 'n gemaklike sitkamerstel, 'n yskassie en 'n platskerm-TV met 'n volledige versameling DStv-kanale. Gratis WiFi word voorsien.

Slaapplek

'n Bespreking by Laguna La Crete 90 sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 3 - Huisves 4 persone
1 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Tripelstapelbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Swem
  •  Tennis

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Lugversorging
  •  Waaier
  •  Kluis

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging
  •  DVD-speler
  •  Kantoorgeriewe
  •  Internet
  •  Televisie

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  DVD
  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Laguna La Crete 90 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R855 per nag (plek vir 8)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za