Lala Palm Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Lala Palm Lodge bied gesogte verblyf op die strand in Munster aan KwaZulu-Natal se laer Suidkus. Of jy nou 'n visserman, natuurliefhebber of avonturier is, of net wil wegbreek, Lala Palm Lodge is jou perfekte bestemming.

Hier ervaar jy die beste van altwee wêrelde: daar is die asemrowende Indiese Oseaan en die tropiese fauna en flora wat die chalets omring. Daar is 4 elegante chalets op 'n groot perseel geleë. Elke chalet het 3 slaapkamers en 2 badkamers met 'n goed toegeruste kombuis en 'n ruim leefarea met stapeldeure wat toegang bied tot die patio met braaigeriewe. DStv is in elke chalet beskikbaar.

Die chalets het slaapplek vir 6 gaste, is uiters privaat en skuil onder pragtige inheemse bome met volop voëllewe.

Lala Palm Lodge het 'n swembad op die perseel en die enigste geraas wat jy sal hoor, is die branders wat breek en die voëls. Die perseel het elektriese omheining en die villas het diefwering en alarmstelsels.

Ons sien uit daarna om die mooiste herinneringe vir jou te skep by Lala Palm Lodge.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Lala Palm Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R850 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za