Lancaster Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Lancaster Lodge is op 'n ongerepte stuk grond van 16 hektaar op die platteland, net 2 km vanaf Vryheid geleë. Ons B&B word deur 'n familie bestuur en het 4 losstaande en suite-chalets.

Elk van die losstaande chalets is individueel versier met wit linne en bied gaste die volgende: tee- en koffiemaakgeriewe, tuisgebakte beskuit, gratis gefiltreerde bronwater, platskerm-TV met OVHD-kanale, verwarmer/waaier, yskas en handdoeke. Gaste kan op warm somersdae ons swembad benut.

Gaste het afstandbeheerde toegang tot die hoofhek en veilige parkeerplek, toegang tot die swembad en verskeie braaigeriewe op die perseel. Internettoegang is beskikbaar. Daar is 'n dam vol baars waar jy kan visvang op 'n vang-en-laat-vry-basis en die perseel is 'n voëlkykersparadys wat spog met meer as 100 spesies. Swartkoekoeke, gryskopspegte, langkuifarende en Suider-kalkoenibisse is al hier gewaar. Saans sal jy tydens 'n stadige rit op die gruispad na die hoofhek onder andere jakkalse, konyne en rooiribboke sien. Snags sal jy die geluid van ons inwonende nagapies hoor.

Lancaster Lodge is ook beskikbaar as 'n venue vir troues of spesiale geleenthede. Ons kyk uit oor die Vryheid Natuurreservaat wat die tuiste van verskeie geskiedkundige vegvelde is. Ithala Wildreservaat is 'n uur se ry hiervandaan en Hluhluwe-iMfolozi Wildreservaat, ons naaste Groot 5-reservaat, is net 2 ure se ry weg.

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Lancaster Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R800 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za