Lancewood TiPi Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Lancewood TiPi Lodge is geleë op 'n plaas aan die voet van die Langeberge. Dit word omring deur lieflike landerye en spog met pragtige berguitsigte. Assegai Rest Farm is in die prentjiemooi Klaasvoogdsvallei, heerlik privaat en afgeleë, wat dit ideaal maak vir rus en ontspan. Dit is baie na aan die dorpie Robertson wat heelwat doendinge, pragtige wynlande en heerlike restaurante bied.

Verblyf is beskikbaar in 3 eenhede:

Paws TiPi is 'n tipi-tent met slaapplek vir 5 gaste. Dit beskik oor 'n dubbelbed, dubbelslaapbank, enkelbed, tafel en stoele. Daar is ook 'n tipi-tent met slaapplek vir 2 gaste. Dit het 'n enkelbed en 'n bedtafeltjie. Daar is dus altesaam slaapplek vir 7 gaste by Paws. Hierdie tentekamp word eksklusief aan 'n groep verhuur en bied dus privaatheid.

Magic TiPi-tent het slaapplek vir 5 gaste en beskik oor 'n dubbelbed, 3 enkelbeddens, 'n tafel en stoele. Die derde eenheid is Noy Noy TiPi wat ideaal is vir 'n romantiese wegbreek aangesien dit baie privaat is. Dit het 'n dubbelbed, rusbank, tafel en stoele.

Noy Noy TiPi is die eksklusiewe TiPi en het 'n onderdakdek met 'n hangmat. Let asb. daarop dat Noy Noy nie kindervriendelik is nie. Die kampe het nie 220 Volt-elektrisiteit nie en selfoonontvangs is beperk.

Die Lancewood TiPi Lodge by Assegai is werklik 'n unieke ervaring wat gehaltetyd in die natuur, sonder swaar kampgereedskap of die moeite van tent opslaan waarborg.

KaartMeer oor die omgewing 

Gaste wat na Lancewood TiPi Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R755 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za