Landgoed 70 Villa Dajovise

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Villa Dajovise is 'n bekoorlike kontemporêre juweel op die Tuinroete. Dié tuiste skuil op 'n privaat eko-landgoed. Die landgoed word 24/7 beman en is gevolglik baie veilige. Hartenbos Landgoed is net 5 tot 10 minute se stap van die strand af so dit is baie veilig. Dit is ook uiters geskik vir kinders en daar is 'n lieflike swembad, trampolien en speelplek. DStv en afwisselende WiFi is beskikbaar. Die pragtige Blouvlagstrand is op jou drumpel en strek kilometers.

Die geliefde meenthuis is in 'n baie privaat gedeelte van die landgoed. Die hoofslaapkamer het 'n splinternuwe pasgemaakte matras wat dikker as 20 cm is. Die eenheid het 2 dubbelkamers en 2 badkamers. Die gesinsbadkamer onder het 'n bad en 'n stort. Die woonkamer is pragtig versier met eietydse meubels en die moderne kombuis is toegerus met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas-vrieskas en 'n skottelgoedwasser. Die onderste slaapkamer, sitkamer en kamertjie het paneelverwarmers en daar is ook 'n draagbare verwarmer in die hoofslaapkamer. Die motorhuis is in 'n kamertjie met 3 enkelbeddens omskep.

Buite is daar 'n privaat stoep met 'n ingeboude braaiplek en 'n uitsig oor die tuin. Daar is ook 'n wasgoedlyn, 'n voortuin en veilige parkeerplek. Dit is 'n selfsorg-eenheid so bring asb. jou eie toiletware en kruideniersware. Badhanddoeke word voorsien, maar onthou om jou eie strandhanddoeke saam te bring. Hartenbos Landgoed is sowat 5 minute se ry vanaf die naaste Spar, restaurante en die Langeberg Mall is minder as 10 minute se ry hiervandaan.

Hartenbos Landgoed word baie goed bestuur en die daaglikse vullisverwydering is baie gerieflik. Villa Dajovise het gaas voor al die vensters om die insekte uit te hou. Daar is ook diefwering alhoewel dit nie regtig nodig is nie. Dit is 'n baie rustig landgoed, ideaal vir mense wat net wil ontspan. Dit is egter naby genoeg aan die pragtige strande, wildritte, 'n hele paar gholfbane, wynplase, helikopter-uitstappies, en inkopieplekke, om maar net 'n paar te noem.

Slaapplek

'n Bespreking by Landgoed 70 Villa Dajovise sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 3 persone
3 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Groot 5
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Fietsry
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  Aparte Toilet
  •  Stort
  •  Seep

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Dienste

  •  Koordlose Internet

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Sitkamer

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Landgoed 70 Villa Dajovise gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 280 per nag (vir 6 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za