Las Palmas 5, Winklespruit

Voeg by Gunstelinge

 

Langtermynverblyf-aanbod 14 % af

Bly 7 nagte en betaal slegs vir 6 vir verblyf wat 7 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

Beskrywing

Las Palmas 5 bied selfsorg-akkommodasie in 'n dupleks-huis op die strand met see-uitsigte. Die huis is stapafstand van die strand af en dis in die kusdorpie Winklespruit, net suid van Amanzimtoti, geleë. Die eenheid kan 'n maksimum van 4 volwassenes en 1 kind akkomodeer.

Die dupleks beskik oor 2 slaapkamers, 'n kombuis, 'n badkamer met 'n bad en 'n stort, 'n aparte gaste-toilet en 'n sitarea. Die hoofslaapkamer bied toegang tot 'n balkon met see-uitsigte en die tweede kamer het 'n stapelbed met 'n dubbelbed onder en 'n enkelbed bo.

Die kombuis is toegerus met 'n oond en 'n stoof, 'n yskas, 'n mikrogolfoond, 'n wasmasjien en 'n tuimeldroër. Daar is 'n beskutte patio buite met 'n see-uitsig. Lugversorging word voorsien in albei kamers en gaste geniet toegang tot DStv en braaigeriewe. Die dupleks het 'n beskutte stoep met 'n see-uitsig.

Toegang tot die kompleks word met 'n afstandbeheer verkry. Veilige parkeerplek is beskikbaar in die toesluit-motorhuis en 'n motorafdak voor die eenheid.

Durban is 35 km weg en die King Shaka Internasionale Lughawe is 45 minute van ons af. Winklespruit lê tussen Warner Beach en Illovo aan KwaZulu-Natal se suidkus met subtropiese plantegroei en 'n strand wat kilometers ver strek. Die kusdorpie Amanzimtoti is 7 minute weg en daar kan gaste 'n hele rits doendinge soos swem, branderplankry, visvang en gholf, aantref.

Slaapplek

'n Bespreking by Las Palmas 5, Winklespruit sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 3 persone
1 x Tripelstapelbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Badkamer

  •  Bad
  •  Aparte Toilet
  •  Stort

Dienste

  •  Diens op aanvraag

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Lugversorging
  •  Waaier
  •  Sitkamer

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Las Palmas 5, Winklespruit gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R750 R643 per nag (plek vir 5)

Bly 7 nagte en betaal slegs vir 6 vir verblyf wat 7 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za