Laslappie

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Laslappie bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n genoeglike huis in Yzerfontein, binne stapafstand van die strand. Die huis is in die Mile 16-sekuriteitslandgoed geleë, op die randjie van die Yzerfontein Natuurreservaat.

Dis onlangs opgeknap met 'n retro-kinkel en beskik oor 3 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis, -leefarea en -eetarea. Die hoofslaapkamer het 'n en suite-badkamer en het 'n instapkas. Die tweede en derde slaapkamers het elkeen ingeboude hangkaste en 2 enkelbeddens, wat as koningingrootte-beddens opgemaak kan word. Die tweede en derde kamers deel 'n badkamer oorkant die portaal.

Die oopplan-kombuis, -eetarea en -leefarea is onder op die hoofverdieping. Die leefarea is knus en gerieflik gemeubileer en het ook 'n kaggel. Daar is 'n onderdak-patio net buite die eetarea met 'n ingeboude braaiplek, die ideale kuierplek vir kleiner groepe. Die kombuis is toegerus met 'n mikrogolfoond en 'n yskas en het ook 'n ontbyttoonbank. Daar is 'n gaste-toilet af in die gang. 'n Deur lei direk na die motorhuis en nutsvertrek. Daar is ekstra vriesplek beskikbaar in die nutsvertrek vir gaste wat langer bly.

Die huis is ideaal geleë, binne stapafstand van die Strandkombuis Restaurant en daar is verskeie stap- en fietsroetes in die nabye omgewing. Laslappie is net 'n uur se ry van Kaapstad af.

Slaapplek

'n Bespreking by Laslappie sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  DVD
  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Laslappie gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 800 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za