Lastingham Guest Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Lastingham Guest Lodge is 'n groot, ou landelike opstal in die KwaZulu-Natalse Middellande teenaan die voorheuwels van die majestueuse Drakensberge, geleë tussen golwende heuwels en beeldskone tuine. Ons bied verblyf in 'n vreedsame plattelandse atmosfeer met die beste gasvryheid wat KwaZulu-Natal het om te bied.

Ons luukse en suite-kamers is elkeen individueel versier en is versprei in die welige tuine wat oor die dam uitkyk. Elkeen van die kamers is individueel gemeubileer in 'n tradisionele koloniale styl met matrasse van die hoogste kwaliteit, linne met 'n hoë draadtelling en koffie- en teemaakgeriewe in elkeen. Elke kamer het ook 'n privaat veranda van waar jy kan teug aan ons komplimentêre sjerrie terwyl jy die ongelooflike uitsigte oor die Vallei van Duisend Heuwels geniet.

Om vreedsaamheid te verseker, is daar geen TV's in die kamers nie, maar daar is wel 'n TV in die gastesitkamer in die hoofhuis sodat jy nie jou gunsteling TV-program of sportwedstryd hoef mis te loop nie. Die groot salon het 'n kaggel en eerlikheidskroeg. In die winter is dit die ideale plek om te ontspan met 'n glas wyn terwyl julle gesels oor die dag se wandelinge of in 'n lewendige redenasie betrokke raak. Ons plattelandse gasvryheid beteken dat jy nêrens hoef te ry om aandete te soek nie. Hier kan jy Lynne en Mike se befaamde geregte geniet.

Die oorspronklike opstal is in 1912 gebou en is geleë op sowat 16 ha weiveld. Dit is intussen gerestoureer tot sy oorspronklike Victoriaanse/Edwardiaanse glorie deur jou gashere, Mike Macnab en Lynne Holding. Ons verskalwers Hermia, Helena, Ophelia, Titania, Portia, Desdemona en ons gewaardeerde Rooi Angus bul Andrew, loop vrylik op die eiendom rond.

Kenmerke

  •  Jacuzzi
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Kunsvlieghengel
  •  Forelhengel
  •  Baarshengel
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Bergfietsroetes

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Diners-kaart
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Jacuzzi
  •  Gastesitkamer
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Restaurant op Perseel
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Engels

Konferensiegeriewe

  •  Wegbreekkamers
  •  DVD-speler
  •  Blaaibord
  •  Witborde
  •  Plek vir tot 10 afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek
  •  Tee
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Lastingham Guest Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 060 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za