Laughing Forest Bush Lodge
- Kapasiteit: 19 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Cowry-rylaan 18 - 20, Elysium, 4185, KwaZulu-Natal
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R930 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Laughing Forest Bush Lodge is in Elysium aan die KwaZulu-Natalse suidkus geleë en bied gerieflike selfsorg- en B&B-verblyf in die kuswoud. Die rustigheid van die oord gekombineer met die nabye see is ideaal vir stiltetyd en lang wandelinge langs die strand.
Dié 6 hektaar-perseel waar die Laughing Forest geleë is, is 'n tuiste vir voëls, apies, muishonde, en ander wild. Verblyf word aangebied in 3 selfsorghutte en 2 individuele B&B-kamers wat oor die inheemse woud versprei is. Elke hut kan 5 gaste in 1 dubbelbed, 1 enkelbed, en 1 stapelbed akkommodeer. Elke hut het 'n en suite-hoofslaapkamer, en 'n oopplan-kombuis en -sitkamer. Die sitkamer lei na 'n sondek. Die kombuise is volledig toegerus met 'n yskas, vrieskas, mikrogolfoond, oondjie, ketel, en 'n broodrooster.
Die B&B-kamers het elk 2 enkelbeddens of 'n dubbelbed en sluit ontbyt in. Gaste moet asb. hul eie handdoeke vir bad en swem saambring. Die oord het 'n swembad, 'n gemeenskaplike braai en vuurput en TV met DStv is beskikbaar in sekere huisies.
Doendinge in die area sluit hengel, walviskyk, snorkel, lyfplankry, branderplankry en fietsry in. Dit neem net 'n paar minute om tot op die strand te stap. Daar is ook getypoele aan die ooste en weste van die oord.
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Konferensiegeriewe
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Swem
Hier praat ons
- Engels
Konferensiegeriewe
- Lugversorging
- Dataprojektor
- Blaaibord
- Televisie
- Plek vir tot 50 afgevaardigdes
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Agter Elektriese Hek
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
Opsomming van Resensie
Ligging
- Cowry-rylaan 18 - 20, Elysium, 4185, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Laughing Forest Bush Lodge het ’n goeie ligging
Sien meer verblyf in Elysium Suidkus KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 19 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Cowry-rylaan 18 - 20, Elysium, 4185, KwaZulu-Natal
- Alle ouderdomme is welkom