Lavender and Rose Cottage

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Lavender and Rose Cottage bied gerieflike verblyf in Old Faerie Glen in die ooste van Pretoria. Die selfsorgkothuis is in 'n rustige en stil area net 15 minute van Pretoria se middestad en 30 minute van OR Tambo Internasionale Lughawe af via die R21. Dit is maklik bereikbaar vanaf die N1 en N4.

Die kothuis het lugversorging en 3 stylvolle slaapkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer en die ander 2 kamers het enkelbeddens. Al die beddens is oorgetrek met wit perkallinne. Die kombuis is volledig toegerus met 'n yskas, oond, mikrogolf, en tee- en koffiemaakgeriewe. 'n TV met sekere DStv-kanale is ook beskikbaar. Skoonmaakdienste is beskikbaar op versoek.

Buite is daar 'n pragtige tuin met 'n swembad, braai-area en veilige parkeerplek in 2 motorhuise. Daar is ook 'n elektriese heining en alarm vir ekstra gemoedsrus.

Lavender and Rose Cottage is na aan die vernaamste winkelsentrums soos Menlyn, Menlyn Maine, Woodlands, en Lynnwood Bridge waar die Atterbury Teater is. Dit is ook naby 'n hele paar gholfbane, trou-venues, restaurante en bied maklike toegang tot toeriste-besienswaardighede in en om Pretoria. Die luukse Brooklyn, lewendige Hatfield en verskeie konsulate, soos die VSA ambassade, is ook nabygeleë.

Slaapplek

'n Bespreking by Lavender and Rose Cottage sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 3 - Huisves 1 persoon
1 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort
  •  Seep

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Lugversorging
  •  Eetkamer
  •  Verekombers
  •  Waaier
  •  Klein Kombuis
  •  Sitkamer

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Lavender And Rose Cottage gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 800 per nag (plek vir 5)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false