Le Bonheur Manor
- Kapasiteit: 16 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Murraylaan 12, Upington, 8800, Noord-Kaap
- Vanaf R930 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Le Bonheur Manor is 'n gastehuis aan die oewer van die Oranjerivier in Upington. Dit is ideaal vir besoekers wat op soek is na vreedsame, smaakvol versierde verblyf en hartlike gasvryheid naby aan al die doendinge.
Le Bonheur Manor het 5 slaapkamers met en suite-badkamers en 'n gesinskamer met 'n gedeelde badkamer. Elke slaapkamer is ruim, pragtig versier en toegerus met 1 koningingrootte-bed, 1 dubbelbed of 2 enkelbeddens, en 'n en suite-badkamer met 'n stort of bad (of beide), wasbak en toilet. Verder is elke kamer toegerus met 'n TV met sekere DStv-kanale, lugversorging, verwarmer, perkallinne en koffie- en teemaakgeriewe. 4 Van die buitenste kamers het privaat ingange.
Gaste kan 'n heerlike ontbyt nuttig in die eetarea of op die terras met sy luisterryke uitsig oor die tuin en die rivier. Le Bonheur Manor het 'n gemeenskaplike sitkamer met 'n kaggel en 'n tuin waarin gaste lekker kan kuier. Veilige parkeerplek is beskikbaar en daar is heelwat doendinge in die omgewing: visvang, swem, bootvaarte, voëlkyk en gholf.
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
3.3/5
Ria Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 6
Op LekkeSlaap 9 jaar
Ligging
- Murraylaan 12, Upington, 8800, Noord-Kaap
- Gaste dink Le Bonheur Manor het ’n goeie ligging
Sien meer verblyf in Upington Kalahari Noord-Kaap
- Kapasiteit: 16 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Murraylaan 12, Upington, 8800, Noord-Kaap