Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Le Domaine Self Catering Farm Cottages

Selfsorg
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 20 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Le Domaine Plaas, Montagu, 6720, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 450 per nag (plek vir 5)

Beskrywing

Le Domaine is net buite die skilderagtige dorpie Montagu geleë. Dit is 'n rustige toevlugsoord met 'n oorvloed vrugte en fynbos ...

Die selfsorg plaaskothuise is 'n tuiste weg van die huis. Bo-en-behalwe die 5 gerieflike kothuise het Le Domaine ook 'n lekker kliplapa met kombuisgeriewe en alles wat jy nodig het vir 'n intieme kuier.
Jy sal gou agterkom dat Le Domaine alles bied wat jy nodig het om jou siel en liggaam te pamperlang en te verfris: vars vrugte en gerieflike perkallinne in ons 5 knus kothuise. Le Domaine versinnebeeld die prag van die Montagu Vallei en is net 'n klein entjie van die pragtige dorpie Montagu geleë.

Die plaas voorsien die beste selfsorg akkommodasie in Montagu. Daar is genoeg plek vir 'n groep of 'n familie. Gerief, bekostigbaarheid, goeie waarde en baie om te sien en te doen (op die plaas en in die omgewing) is aan die orde vna die dag. Vir diegene wat wil ontvlug van die rep en roer van die stad is Le Domaine nét die plek - waarlik 'n fees vir die sintuie.

Montagu is 'n rustige en pragtige 2-uurlange rit van Kaapstad af. Deur die pragtige dorpies Worcester en Robertson op Roete 62. Le Domaine is op die randjie van Montagu geleë, 'n pragtige toevlugsoord in die natuur met asemrowende uitsigte op die berge.

Die Montagu-omgewing is bekend vir die Avalon Warmwaterbron, oorvloedige vrugte en wyn, en die absolute skoonheid van die Montagu se berge platteland. 'n Besoek aan Montagu se Le Domaine stel nooit teleur nie!

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Fietsry
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Konferensiegeriewe

  • Plek vir tot 20 afgevaardigdes

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 36 resensies vir Le Domaine Self Catering Farm Cottages
Netheid
4.8/5
Diens
4.8/5
Ligging
4.8/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.8/5

Ligging

  • Le Domaine Plaas, Montagu, 6720, Wes-Kaap
  • Gaste dink Le Domaine Self Catering Farm Cottages het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 450
per nag (plek vir 5)
Vanaf
Vanaf R1 450
per nag (plek vir 5)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 20 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Le Domaine Plaas, Montagu, 6720, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDE4NDk3ZTIzLTQ4YjItNDMyNi1iZGQzLTI3OGE3YTQ1NjY1Mg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 450 per nag (plek vir 5) 36 5 1 5 Le Domaine Farm Montagu 6720 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -33.785788199873 20.136832312317