Leadwood 100
- Kapasiteit: 6 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Leadwood-straat 100, Wavecrest, Jeffreysbaai, 6330, Oos-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R3 000 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
Leadwood 100 is 'n ruim vakansiehuis met 'n lieflike uitsig oor die see en op die kloof en berge in Wavecrest, Jeffreysbaai. Die die ideale verblyf vir 'n gesinsvakansie of 'n groep vriende en dis net 800 m van die strand af.
Die dubbelverdiepinghuis bied slaapplek aan 8 gaste en beskik oor 4 slaapkamers en 3 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, toilet en 'n wasbak. Die tweede slaapkamer het ook 'n koningingrootte-bed en die derde slaapkamer het 2 driekwartbeddens. Die gastebadkamer het 'n bad, stort, wasbak en toilet.
Die vierde slaapkamer het 'n aparte ingang en 2 enkelbeddens en die en suite-badkamer het 'n toilet, wasbak en 'n stort. Linne en badhanddoeke word voorsien.
Die leefarea op die boonste verdieping het 'n kombuis wat met 'n stoof, oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, skottelgoedwasser, ysmasjien, eetgerei en breekware toegerus is en daar is ook 'n toonbank met stoele. 'n Wasmasjien en tuimeldroër is beskikbaar. Die kombuis lei na 'n etenstafel met sitplek vir 8 en die sitarea het gemaklike sitplek en 'n TV met die volle DStv-pakket.
Gratis WiFi is beskikbaar. Die toegeboude stoep het ook 'n etenstafel en 'n sitarea.
Die hoofleefarea lei na die boonste onderdakbalkon met 'n ingeboude braai. Dis die ideale plek om 'n skemerkelkie te drink en die see-uitsig te aanskou. Gaste het toegang tot veilige parkeerplek in 'n dubbelmotorhuis. Die erf is omhein en dis 1 km vanaf plaaslike winkels en restaurante.
Slaapplek
’n Bespreking by Leadwood 100 sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Kunsvlieghengel
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Onderdakparkering
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
Eenheidgeriewe
- Waaier
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Dvd
- Eksklusiewe dstv
- Tv
Ligging
- Leadwood-straat 100, Wavecrest, Jeffreysbaai, 6330, Oos-Kaap
Sien meer verblyf in Noorsekloof Jeffreysbaai Sarah Baartman-distrik Oos-Kaap
- Kapasiteit: 6 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Leadwood-straat 100, Wavecrest, Jeffreysbaai, 6330, Oos-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom