LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Lebanon Citrus Holiday Farm | LekkeSlaap
+44

Lebanon Citrus Holiday Farm

  • Kapasiteit: 34 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Rondegat Plaas 269, Clanwiliam, 8135, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R520 per nag (plek vir 8)

Beskrywing

Lebanon Citrus Holiday Farm is 'n stil en rustige vakansieplaas wat reg teen die Clanwilliamdam se water geleë is wanneer die dam vol is. Gaste kan waterski, baarshengel of bootry op die dam. Die plaas is ook perfek vir bergfietsry, perdry, voëlkyk en voetslaan.

Verblyf word in 4 selfsorghouthuisies en 1 selfsorgkothuis, asook op 20 karavaan- of kampplekke aangebied.

Die kothuis is op 'n heuwel geleë, so dit bied pragtige uitsigte oor die omliggende lemoenboorde tot by die dam. Die kothuis beskik oor 2 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis, -eetkamer en -leefarea. Ontspan op die stoep en geniet 'n heerlike skemerkelkie.

Die huisies het elkeen 'n kombuisie, 'n buitebraai en parkeerplek. Die 1 houthuisie het sy eie badkamer en die ander 3 deel gemeenskaplike badkamergeriewe.

Vir diegene wat verkies om te kamp is daar 20 groot staanplekke met elektrisiteit. Elke staanplek het toegang tot 'n kragpunt, parkeerplek vir 'n boot en warm water.

Hout en ys kan by die kantoor gekoop word.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Masseer- en Skoonheidsterapie
  • Troeteldiere indien gereël
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Baarshengel
  • Voëlkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant

Opsomming van Resensie

3.9 uit 5van 14 resensies vir Lebanon Citrus Holiday Farm
Netheid
3.6/5
Diens
3.6/5
Ligging
4.4/5
Veiligheid
4.4/5
Waarde vir geld
3.6/5

Ligging

  • Rondegat Plaas 269, Clanwiliam, 8135, Wes-Kaap
  • Gaste dink Lebanon Citrus Holiday Farm het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R520
per nag (plek vir 8)
Vanaf R520
per nag (plek vir 8)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 34 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Rondegat Plaas 269, Clanwiliam, 8135, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGU1ZDQ5MTk1LTEyNzEtNGYyOC04OTZmLTdhOWE3NWY2ZDNiMA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R520  per nag (plek vir 8) 14 5 1 4 Rondegat Farm 269 Clanwiliam 8135 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -32.267364849082 18.930463209648
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!