Leben Seehuisie

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Leben Seehuisie is 'n knus dubbelverdieping-strandhuis, met pragtige uitsigte oor die see en is ook binne stapafstand vanaf die strand. Dis in Jongensfontein, 'n oulike dorpie, net 10 km vanaf Stilbaai.

Hierdie drieslaapkamerhuis bied slaapplek aan 6 gaste. Dit het 2 badkamers met 'n bad, toilet, wasbak en 'n stort. Daar is ook 'n goed toegeruste kombuis met 'n stoof, mikrogolf, yskas-vrieskas, skottelgoedwasser, wasmasjien, eetgerei en breekware asook braaigeriewe buite.

Daar is 'n oopplan-leefarea met gemaklike sitplek en 'n TV met DStv. Linne en beddegoed word voorsien maar onthou asseblief om jou eie bad- en strandhanddoeke saam te bring.

Troeteldiere word ongelukkig nie toegelaat nie en die eenheid is nie geskik vir rolstoelgebruikers nie.

Die groot balkon kyk oor die Indiese Oseaan uit en bied ongelooflike see-uitsigte. Dit is die ideale plek vir walviskyk.

Slaapplek

'n Bespreking by Leben Seehuisie sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 volwassenes en 1 kind
1 x Dubbelbed
1 x Kinderbedjie

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Swem
  •  Tennis

Badkamer

  •  Bad
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Frans

Parkeerplek

  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  DVD
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Leben Seehuisie gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R900 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za