Leisure Bay Sea View Apartment

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Leisure Bay Sea View Apartment is 'n selfsorgwoonstel in 'n Bloubergstrand, 'n buurt aan die Kaap se westelike kus, en is die ideale plek vir diegene wat Kaapstad en die omliggende area wil verken. Blouberg se goue strande is lekker naby en is ideaal vir watersport soos seilplankry, vlieërplankry. Gaste kan ook in die omtrek uiteet en inkopies doen.

Die woonstel het slaapplek vir 2 gaste en beskik oor 1 slaapkamer, 1 badkamer en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die slaapkamer het 'n dubbelbed. Die badkamer het 'n bad, stort, toilet en 'n wasbak. Die kombuis is ten volle toegerus vir selfsorg met 'n oond, stoof, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, eetgerei en breekware. Die sitarea het 'n gemaklike sitstel en 'n TV. Gratis WiFi word ook voorsien.

Die sitarea bied toegang tot 'n balkon met 'n buitetafel en stoele. Gaste kan asemrowende uitsigte oor die Atlantiese Oseaan, Robbeneiland en op Tafelberg in die verte geniet. Die kompleks bied direkte toegang tot die strand en is verbind aan die Leisure Bay Hotel waar gaste in 2 swembaddens kan swem en van die hotel se ander geriewe gebruik.

Slaapplek

'n Bespreking by Leisure Bay Sea View Apartment sluit in:

1 x Dubbelbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Fietsry

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Kroeg
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Swembad
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Restaurant op Perseel
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Frans

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Leisure Bay Sea View Apartment gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 000 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za