Lekkergoed Game Farm
- Kapasiteit: 8 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Lekkergoed Plaas, R40, Mica, 1382, Limpopo
- Vanaf R2 760 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Lekkergoed Game Farm is op 'n privaat wildsplaas van 1000 hektaar, net 4,6 km vanaf Mica in Limpopo geleë. Hier kan gaste 'n verskeidenheid wild soos verskeie bokspesies, vlakvarke, sebras en kameelperde besigtig.
Verblyf word vir 8 gaste in 4 Jagkraal Bush Camp-chalets aangebied. Elke chalet het 2 enkelbeddens, 'n plafonwaaier, lugversorging, asook toegang tot verskeie gemeenskaplike geriewe soos 'n kombuis wat volledig toegerus is, 'n uitkykdek, braai-area en ablusiegeriewe met buitestorte. Warm water word via 'n donkiegeiser verkry.
Aktiwiteite op die perseel sluit 'n swembad, wildritte, staptoere, visvang en bergfietsry in. Die plaas is sentraal geleë en dus naby talle ander aktiwiteite en besienswaardighede soos die Krugerwildtuin en Blyderivierspoort.
Die maak nie saak of gaste vir vakansie of werksdoeleindes wil kom wegbreek nie, Lekkergoed Game Farm sal vir 'n ontspannende ervaring sorg.
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Begeleide Wildritte as Ekstra
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
Aktiwiteite Naby
- Baarshengel
- Groot 5
- Voëlkyk
- Wynproe
- Wildritte
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
5/5
Michelle Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 2
Op LekkeSlaap 2 jaar
Ligging
- Lekkergoed Plaas, R40, Mica, 1382, Limpopo
- Gaste dink Lekkergoed Game Farm het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Balule Natuurreservaat Hoedspruit Limpopo
- Kapasiteit: 8 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Lekkergoed Plaas, R40, Mica, 1382, Limpopo