Letlotse Lodge Njala Cabin
- Kapasiteit: 2 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Dinokeng Wildreservaat, Boekenhoutskloofweg, Hammanskraal, 0400, Gauteng
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R1 950 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Letlotse Lodge Njala Cabin is 'n bekoorlike selfsorghuisie in die hartjie van Dinokeng Wildreservaat en is sowat 9 km vanaf Hammanskraal. Hierdie houthuisie bied 'n intieme wegbreek aan 'n klein gesin of groep vriende wat op soek is na 'n rustige toevlugsoord.
Hierdie houthuisie met lugversorging bied slaapplek aan 2 gaste en beskik oor 'n slaapkamer en 'n badkamer. Die slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en daar is 'n stort, wasbak en 'n toilet in die badkamer. Gehaltelinne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet hul eie swemhanddoeke saambring.
Die oopplan-leefarea het 'n sitarea en 'n kombuis wat met 'n gasstoof, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegeru is. Die sitarea het 'n gemaklike sitkamerstel en 'n koffietafel. Toegang tot gratis WiFi is beskikbaar.
Die leefarea lei na 'n stoep met 'n piekniektafel en direkte toegang tot die privaat braai-area, vuurput en houtvuur-warmbad. Gaste kan die gemeenskaplike swembad geniet en piekniek hou langs die omheinde eendedam. Njala Cabin is teen die heining en gaste kan verbygaande wild gewaar. Toegang tot veilige parkeerplek is beskikbaar.
Slaapplek
’n Bespreking by Letlotse Lodge Njala Cabin sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Jacuzzi
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Groot 5
- Voëlkyk
- Wildkyk
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Groot 5
- Voëlkyk
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Meer oor dié eenheid
- Nie rook
- Patio
Dienste
- Diens op aanvraag
- Koordlose internet
Badkamer
- En-suite
- Stort
Eenheidgeriewe
- Verekombers
- Waaier
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Stoof
Ekstras
- Tee en koffie skinkbord
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.9/5
Etienne Nuut op LekkeSlaap!
Eiendomme 4
Resensies 20
Maande gelys 11
Ligging
- Dinokeng Wildreservaat, Boekenhoutskloofweg, Hammanskraal, 0400, Gauteng
- Gaste dink Letlotse Lodge Njala Cabin het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Dinokeng Dinokeng Wildreservaat Gauteng
- Kapasiteit: 2 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Dinokeng Wildreservaat, Boekenhoutskloofweg, Hammanskraal, 0400, Gauteng
- Alle ouderdomme is welkom