Libby's Lodge
- Kapasiteit: 23 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Schroder-weg 140, Middelpos, Upington, 8801, Noord-Kaap
- Vanaf R980 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Libby's Lodge is in die Groen Kalahari-woestyn geleë - 'n omgewing vol kontraste waar vernuwende natuurkragte saamspan om 'n unieke landskap van ongeëwenaarde natuurskoon te skep. Laat die magtige Oranjerivier en die groot Kalahari-woestyn toe om deel van jou wese te word en jy koester lewenslank wonderlike herinneringe.
Liesel en Hannes nooi jou uit om luukse gerief en 'n rustige, vreedsame atmosfeer te ervaar. Libby's Lodge word 'hoogs aanbeveel' deur die AA en is sentraal in 'n veilige buurt geleë. Dit is naby die sentrale sakekern, hospitale, skole en die lughawe. Kom ervaar bobaas gasvryheid en professionele diens teen 'n bekostigbare tarief. Wandel op die paadjies deur die tuin of gee jou oor aan die verleidelike, koel kristalhelder water in die swembad. Koel lekker af in die swembad of in die somershuis. Laat Libby's jou sintuie herlaai en jou siel vernuwe.
Libby's Lodge bied 7 ruim selfsorg-gesinseenhede met lugversorging en en suite-badkamers. Geniet 'n verfrissende drankie van die teeskinkbord in elke kamer, en peusel aan iets soets - 'n klein welkomingsverassing van ons vriendelike personeel. Alle kamers lei na privaat verandas met uitsigte oor die tuin en swembad. Kamers is volledig gemeubileer en word daagliks skoongemaak. Ons is ideaal geleë vir die besige sakereisiger asook die uitsoekerige reisiger.
Ons bied 3 ruim selfsorg-gesinseenhede met slaapplek vir 3-5 persone. Die eenhede is almal privaat en goed toegerus. Ons bied spesiale gesinspakette teen afslag-pryse heel jaar. Trek voordeel uit ons naas-perfekte weerstoestande deur 'n braai onder die Afrika-sterre te geniet (ons het verskeie privaat braaigeriewe).
'n Smaaklike ontbyt ("Engelse ontbyt") word op versoek bedien. Ons bedien ook vegetariese- en halaal-etes.
Ons het toesluitparkeerplek op ons perseel aook kredietkaartgeriewe.
As 'n bykomende diens bied ons aan ons gaste toeriste-inligting en sal ons jou graag hierin ondersteun. Die volgende toerisme-besienswaardighede is naby ons geleë:
* Kgalagadi Oorgrenspark,
* Augrabiese Nasionale Park,
* Spitskop-natuurreservaat,
* Verskeie 4x4-roetes,
* Riviervlotvaarte,
* 'n Vaart op die Oranjerivier,
* Plaaslike kuns en kunsvlyt
Kenmerke
Geriewe
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Wynproe
- Wildritte
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Ontbyt
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Agter Elektriese Hek
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- American Express
- Diners-kaart
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.7/5
Liesel Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 230
Op LekkeSlaap 13 jaar
Ligging
- Schroder-weg 140, Middelpos, Upington, 8801, Noord-Kaap
- Gaste dink Libby's Lodge het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Middelpos Upington Kalahari Noord-Kaap
- Kapasiteit: 23 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Schroder-weg 140, Middelpos, Upington, 8801, Noord-Kaap