Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Lily House

  • Kapasiteit: 6 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Clarence-rylaan 2662, Bettysbaai, 7141, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R2 000 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Lily House is in 'n stil straat in Bettysbaai en bied selfsorgverblyf aan 6 gaste. Dis net 850 m vanaf die see.

Dié huis beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en die ander 2 slaapkamers het elk 2 enkelbeddens. Die badkamers het 'n instapstort of 'n bad. Daar is ook 'n buitestort om seesand af te spoel. Beddegoed en badhanddoeke word voorsien.

Die oopplankombuis het 'n stoof, mikrogolf, yskas, tee- en koffiemaakgeriewe, 'n toonbank en 'n etenstafel. Daar is ook 'n skottelgoedwasser en 'n wasmasjien.

Die sitarea het 'n kaggel en 'n dagbed met 'n uitsig oor die fynbostuin en op die berg. Gaste het toegang tot WiFi met 'n ononderbroke kragtoevoerstelsel en die huis het 'n alarmstelsel.

Die leefarea lei na 'n onderdakstoep met ingeboude braaigeriewe en veilige parkeerplek word op die perseel voorsien.

Bettysbaai bied verskeie restaurante, asook doendinge soos sandplankry, swem, branderplankry, wandel- en staproetes. Gaste kan die Harold Porter Botaniese Tuin of die pikkewynkolonie by Stony Point besoek.

Slaapplek

’n Bespreking by Lily House sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Nederlands
  • Duits

Parkeerplek

  • Parkering Van Die Straat Af

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Stort

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Mikrogolfoond
  • Stoof

Opsomming van Resensie

4.7 uit 5van 12 resensies vir Lily House
Netheid
4.6/5
Diens
4.5/5
Ligging
4.8/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.6/5

Jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.

4.6/5

Lucille Geverifieer

Eiendomme 27

Resensies 367

Jaar gelys 5

Ligging

  • Clarence-rylaan 2662, Bettysbaai, 7141, Wes-Kaap
  • Gaste dink Lily House het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R2 000
per nag (plek vir 6)
Vanaf
Vanaf R2 000
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Clarence-rylaan 2662, Bettysbaai, 7141, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAe43a0a50204030819a9969937b84f156160007d9c1c78ee4b9f33664fc0d9a834521c05f765022cf7b7501dcc847218ef9cc?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 000 per nag (plek vir 6) 12 5 1 5 2662 Clarence Drive Betty's Bay 7141 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.366863 18.892869
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem