LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Linkside2 | LekkeSlaap
+46

Linkside2

Selfsorg
Winteraanbod 10% af

Kry 10% af. Geldig vanaf 12 Jul 2020 tot 30 Sep 2020.

  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 13:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hoek van 21ste Laan en Kerkstraat, 21ste Laan 53, Mosselbaai, 6500, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 300 R1 170 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Linkside 2, is die nuutste onderneming van die ambisieuse gastehuis-eienaar, Petra du Toit. In 1999 het sy haar begin bemoei met die toerisme-industrie, en het talryke eerbewyse oor die laaste paar jare ontvang, insluitend 'n AA Toekenning in 2003. Haar vorige onderneming was die 5-ster gastehuis in Mosselbaai wat die invloedryke AA Toekenning in die kategorie Hotel/Gastehuis Garni in 2006 ontvang het. As 'n intieme nuwe B&B, bied Linkside 2 aan besoekers 'n algehele persoonlike ervaring. Noukeurige aandag aan detail en verbeeldingryke afwerkings word gekomplementeer deur eersteklas luuksheid en asemrowende uitsigte oor Mosselbaai.

Verblyf word aangebied in 3 buitegewone slaapkamers met satelliet-TV's, kroegies en skeerproppe. Al die kamers word as luuks aangeskryf per portefeulje, en Kamers 1, 2 en 3 bied 'n private dek en ingang.

Word een met die natuur in hierdie merkwaardige plek, waar jy jou dae en aande sal deel met die voëls wat dit sien as hulle toevlugsoord. Hou dikkoppe dop wat water drink uit die waterbak op jou private dek, die suikerbekkies in oorvloed, en die visvangers wat broei op die boonste balkon.

In die aande kan jy ontspan op die patio en wag vir die rustigheid om oor jou te daal, terwyl jy die manjifieke skoonheid van die Afrika-sonsondergang waardeer. Die geroep van die statige uil kan ook gehoor word, terwyl die vroegoggend gekwetter van die voëls jou betyds wakker behoort te maak vir ontbyt.

Daar kan nie 'n beter manier wees om jou dag mee te begin as met 'n smaaklike ontbyt op die patio terwyl jy op die prag en praal van die baai onder jou uitkyk nie, met die berge op die horison. Spesiale bederfies soos tuisgemaakte muesli en vars seisoenale vrugte maak dit net soveel lekkerder!

Danksy die raamlose opvou-deure kan gaste ook saans op die patio bymekaar kom en knus en langs die kaggel kuier.

Die saligheid van die omgewing is ongeëwenaard en hoewel jy dit sal geniet om net op 'n gemaklike lê-stoel te ontspan, bied Mosselbaai en die omliggende omgewing soveel om te sien en te beleef, genoeg om jou besig te hou!

Die Mosselbaai Gholfbaan (waar jy die see gesien van elke gatjie af kan sien) is slegs 800 m van jou voorstoep. Ons sal ook graag verskeie ander dagtoere ens vir jou reël. Ons bied ook 'n wasgoeddiens vir jou gemak.

Kenmerke

Afrikaans
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • ADSL-lyn
  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Gastesitkamer
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • American Express
  • Diners-kaart
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

5 uit 5van 4 resensies vir Linkside2
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ligging

  • Hoek van 21ste Laan en Kerkstraat, 21ste Laan 53, Mosselbaai, 6500, Wes-Kaap
  • Gaste dink Linkside2 het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
was R1 300
Vanaf R1 170
per nag (plek vir 4)
was R1 300
Vanaf R1 170
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 13:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hoek van 21ste Laan en Kerkstraat, 21ste Laan 53, Mosselbaai, 6500, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA4cd045a4fe64cd741c03bf62ae24261f03e5dc557a37d3ea6aa9ced12784558d2e6e050116f58da586685c7b1dc190ae0468?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format was R1 300, nou Vanaf R1 170  per nag (plek vir 4) 4 5 1 5 Corner 21st Avenue and Church Street 53, 21st Avenue 6500 Wes-Kaap 086 999 0018 13:00-18:00 10:00 -34.189822433075 22.137966156006
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!