Groot-Brakrivier Akkommodasie by LM Vakansie Huis B2 | LekkeSlaap
+8

LM Vakansie Huis B2

3 resensies
Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Amy Searle-straat, Groot-Brakrivier, 6525, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R800 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

LM Vakansie Huis B2 is 'n selfsorg-eenheid in 'n vakansieoord op die oewer van 'n rivier in Groot-Brakrivier.
Grootbrakrivier. Dis halfpad tussen George en Mosselbaai en 10 km vanaf Hartenbos. Dié dorp is bekend vir sy matige klimaat regdeur die jaar, goue strande en verskeidenheid natuurlike, kulturele en historiese besienswaardighede.

Die houtkothuis beskik oor 3 slaapkamers en het slaapplek
vir 6 gaste. Die hoofslaapkamer het 'n koninginggrootte-bed, die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en die derde slaapkamer het 'n stapelbed vir 2 gaste. Die badkamer word gedeel en het 'n stort.

Die kombuis is met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolf, eetgerei, breekware, 'n wasmasjien en tuimeldroër toegerus. Daar is 'n buitedek met 'n braai.

Die oord is naby 'n winkelsentrum met alle nodige geriewe. Gaste het toegang tot parkeerplek vir 1 motor, 'n gemeenskaplike swembad, 'n putt-putt-baan en 'n trampolien. Daar is watersport beskikbaar by die rivier in die oord. Gaste kan hul fietse saambring en daar is 'n lekker staparea in die oord. Daar is ook 'n gewilde bergfietsroete baie naby die oord.

Gaste kan doendinge soos visvang, voëlkyk, bootvaart, duik, snorkel, swem en voetslaan geniet. 'n Skoonmaakdiens is op versoek teen 'n ekstra koste beskikbaar. Let asb. daarop dat bad- of strandhanddoeke nie voorsien word nie.

Slaapplek

’n Bespreking by LM Vakansie Huis B2 sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Dubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • 24-uur Ontvangs
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek

Aktiwiteite op perseel

  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Fietsry
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Baarshengel
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.7 uit 5van 3 resensies vir LM Vakansie Huis B2
Netheid
4.3/5
Diens
5.0/5
Ligging
4.7/5
Veiligheid
4.7/5
Waarde vir geld
4.7/5

Ligging

  • Amy Searle-straat, Groot-Brakrivier, 6525, Wes-Kaap
  • Gaste dink LM Vakansie Huis B2 het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R800
per nag (plek vir 6)
Vanaf R800
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Amy Searle-straat, Groot-Brakrivier, 6525, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAGiJAVRnJywhuEfbUyDGJRW4bbN0VkvOeBj7JRjqWTRUwcsvdYG?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R800  per nag (plek vir 6) 3 5 1 5 Amy Searle Street Grootbrak Rivier 6525 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-18:00 10:00 -34.039633641678 22.220357408407
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za