Loddey's Beach Front Self-catering Apartment 2

Voeg by Gunstelinge

 

Langtermynverblyf-aanbod 35 % af

Kry 35% af vir verblyf wat 7 nagte of langer is. Geldig vanaf 3 Jun 2019 tot 31 Aug 2019.

Beskrywing

Loddey's Beach Front Self-catering Apartment 2 is 'n stylvolle en moderne selfsorgwoonstel op die negende vloer van die Ocean View-woonstelblok in Strand. Dié ruim woonstel front na die see en kyk oor die pragtige strand uit.

Die woonstel het 2 slaapkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n stort.

Die woonstel het 'n oopplan-kombuis en -leefarea wat ten volle toegerus is met al die moderne geriewe, insluitend 'n wasmasjien, tuimeldroër en skottelgoedwasser. In die oopplan-leefarea is daar 'n etenstafel vir 6, 'n slaapbank en 'n platskerm-TV met sekere DStv-kanale. Dié vertrek lei na 'n balkon met die allermooiste uitsig oor Valsbaai.

Die woonstel het veilige kelderparkeerplek en 'n deurwag wat 24 uur aan diens is vir ekstra veiligheid. Die gebou het 'n pragtige swembad. Die braaigeriewe is by die swembad geleë.

Daar is 'n oorvloed restaurante en winkels langs Strand se sypaadjies. Die area is ook naby aan die wêreldbekende Stellenbosch-wynlande en die Somerset Mall.

Slaapplek

'n Bespreking by Loddey's Beach Front Self-catering Apartment 2 sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Wynproe
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Loddey's Beach Front Self-catering Apartment 2 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 795 R1 167 per nag (plek vir 4)

Kry 35% af vir verblyf wat 7 nagte of langer is. Geldig vanaf 3 Jun 2019 tot 31 Aug 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false