Lolla's Self-catering Unit

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Lolla's Self-catering Unit is 'n smaakvolle eenheid in Peerlesspark Noord naby Durbanville, met maklike toegang tot die N1, N2 en R300. Die verblyf is ideaal geleë naby hospitale, winkelsentrums, Kaapstad Internasionale Lughawe, strande en verskeie restaurante.

Dié knus selfsorg-eenheid het slaapplek vir 2 of 4 gaste en is op die eienaar se perseel geleë. Die eenslaapkamer-eenheid het 'n koningingrootte-bed wat op versoek in 2 enkelbeddens omskep kan word en 'n dubbelslaapbank in die sitarea wat ideaal is vir 2 kinders. Die slaapkamer het 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Linne en handdoeke word voorsien.

Die oopplan-kombuis is met 'n yskas-vrieskas, mikrogolfoond, broodrooster, ketel, tweeplaatstoof en al die ander basiese toebehore wat gaste nodig het vir 'n selfsorgwegbreek toegerus. Ander geriewe sluit 'n privaat braai-area met 'n tafel en stoele, komplimentêre WiFi, 'n TV en DVD-speler in.

Daar is ook koffie- en teemaakgeriewe wat melk, suiker en beskuit vir die eerste 2 dae insluit.

Gaste maak van 'n aparte ingang via 'n sekuriteitshek gebruik en daar is veilige parkeerplek agter 'n afstandbeheerde, elektriese hek. Die perseel word deur 'n 24 uur-sekuriteitsmaatskappy met gewapende beheer beveilig. Die eenheid word 1 keer per week skoongemaak wanneer skoon linne en handdoeke voorsien word.

Die eenheid is 1,5 km vanaf die naaste Pick 'n Pay, 'n koffiewinkel, wassery en ander geriewe.

Besienswaardighede sluit die Durbanville Gholfklub, Reptieltuin, Barnyard Teater, Butterfly World, Durbanville en Stellenbosch se wynlande, die Grand West Casino en die V&A Waterfront in. Paarl en Franschhoek is tussen 27 km en 35 km van die huis af.

Slaapplek

'n Bespreking by Lolla's Self-catering Unit sluit in:

1 x Koningingrootte-bed
1 x Dubbelslaapbank

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes

Badkamer

  •  En-suite
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Waaier
  •  Klein Kombuis
  •  Sitkamer

Maaltye Aangebied

  •  Aandete Op Versoek
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Agter Elektriese Hek

Vermaak

  •  DVD
  •  Gedeelde DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Lolla's Self-catering Unit gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R975 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za