Long Acres Bahamas Accommodation

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Long Acres Bahamas Accommodation is in die kusdorpie Langebaan aan die Weskus geleë.

Dié verblyf bestaan uit 4 volledig gemeubileerde selfsorgeenhede wat elkeen slaapplek aan 2 of 3 gaste bied.

Bahama 1 is 'n klein enkelwoonstel met 'n dubbelbed, 'n en suite-badkamer, 'n klein kombuisarea en 'n privaat, beskutte braai-area. Dit is 'n enkelwoonstel en die kleinste van die 4 eenhede, dus is daar slegs 'n kombuisie met 'n mikrogolfoond, 'n yskassie en 'n klein wasbak.

Bahama 2 is 'n eenslaapkamerwoonstel met 1 dubbelbed, 1 badkamer en 'n oopplan-kombuis en -sitkamer met sy eie privaat braai-area.

Bahama 3 op die tweede vloer het 1 slaapkamer met 'n dubbelbed, 1 badkamer, 'n oopplan-kombuis en -sitkamer, en 'n privaat braai op die balkon.

Bahama 4 is ook op die tweede vloer en het 1 slaapkamer met 'n dubbelbed, 1 badkamer, 'n oopplan-kombuis en -sitkamer, en 'n balkon sonder braaigeriewe. Daar is wel 'n ekstra braaiplek in die parkeerarea. Bahama 3 en 4 deel 'n ingang na die ander 2 eenhede.

Ander geriewe in elke eenheid sluit 'n TV, DStv en veilige parkeerplek in.

Ons het 'n haarsalon waar die dames bederf kan word, en die manne is ook altyd welkom.

Doendinge in die omgewing sluit swem, sweefski, seilplankry, hengel, visvang en perdry langs die strand in. Nabygeleë besienswaardighede sluit die Weskus Nasionale Park en Mykonos Kasino in.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Fietsry

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  24-uur Ontvangs
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Long Acres Bahamas Accommodation gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R550 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false