Mabalingwe - Rooiboklaagte 226

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Mabalingwe - Rooiboklaagte 226 is 'n selfsorg-lodge met 'n grasdak in Mabalingwe Natuurreservaat. Dit is net 28 km van Bela-Bela af en is ideaal vir 'n gesin of groep wat op soek is na gerieflike verblyf naby ander wildreservate en besienswaardighede.

Die lodge is ruim en smaakvol versier. Dit het 4 en suite-slaapkamers en oopplan-leefareas. Die kamers het elk óf 2 enkelbeddens óf 'n dubbelbed en 'n badkamer met 'n stort of bad, wasbak en toilet. Die kombuis is ten volle toegerus om maaltye voor te berei en beskik oor geriewe soos 'n yskas-vrieskas, 'n mikrogolfoond, 'n stoof en oorgenoeg ingeboude kaste met ander toestelle.

Daar is gemaklike rusbanke en 'n TV met sekere DStv-kanale beskikbaar. Die leefarea lei na 'n onderdak-boma met ekstra sitplek en braaigeriewe en gaste is welkom om bietjie af te koel in die plonspoel wat in die ingeslote tuinarea is.

Onderdakparkeerplek vir 4 voertuie is by die lodge beskikbaar. Gaste kan enige van die gemeenskaplike geriewe binne die reservaat gebruik, sommige teen ekstra koste. Gaste is kan lekker op voël- en wildritte gaan, kyk hoe ons die leeus voer of selfs 'n saalsafari meemaak.

Slaapplek

'n Bespreking by Mabalingwe - Rooiboklaagte 226 sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 4 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes

Aktiwiteite op perseel

  •  Perdry
  •  Voëlkyk
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Swem
  •  Tennis

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Mabalingwe - Rooiboklaagte 226 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R4 250 per nag (plek vir 8)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false