Fouriesburg Akkommodasie by Mafube Mountain Retreat | LekkeSlaap
+43

Mafube Mountain Retreat

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 30 resensies vir Mafube Mountain Retreat
Netheid
4.7/5
Diens
4.9/5
Ligging
4.9/5
Veiligheid
4.7/5
Waarde vir geld
4.7/5
Ria G - Feb 2020
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Ria G
Saam met vriende

Ek en my twee susters het onlangs vyf dae by Mafube Mountain Retreat spandeer as deel van ons gereelde suster-wegbreek.

Die beste aspek van die Contemporary Chalet by Mafube Mountain Retreat is vir seker die heerlike kuierstoep met 'n asemrowende uitsig. Hier kan jy rustig jou oggendkoffie geniet terwyl jy na die voëls kyk of in die aande braai terwyl jy met 'n glas wyn na die sterre staar. Hillary het gereeld kom inloer om seker te maak alles was reg en is 'n baie goeie bron van inligting as jy raad soek oor dinge om te doen of die beste roetes om te volg. Dit was vir ons baie maklik om Lesotho, Clarens en ander besienswaardighede van die plaas te bereik, maar as jy nie lus is vir baie ry nie, sal ek die dinosourus-voetspore en ander staproetes op die plaas self aanbeveel. As drie vrouens was veiligheid ook nooit 'n probleem nie. Dankie Hillary, ons het heerlik gebly.

Annelize C - Okt 2019
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Annelize C
Gesin met klein kinders

Rustig en ongelooflik mooi.

Ons het baie lekker gekuier. Hillary is baie vriendelik en het 'n goeie hart. Ons het gaan stap, wou die dinosaur-staproete gevat het, maar besluit om die east face ook te doen wat later met die dinosaur-roete inval. Dit was n tawwe roete en toe vergeet ons ons water! Die stap was 'n avontuur vir my. Dis nie vir sissies nie, maar die view is pragtig van daar bo. Vat net water saam. Die zipline was vet pret vir die kinders en die bass in die dam is massief.

Nellie B - Sep 2019
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Nellie B

Skoon, netjiese plek met 'n goeie gasvrou.

Dankie aan Hilary wat ons so vriendelik ontvang en laat tuis voel het. Rus vir die siel tussen die berge en mooi natuurskoon. Was voorheen al daar en kan die blyplek net aanbeveel.

Marleen H - Jun 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Marleen H

Ons het heerlik gebly in asemrowende omgewing.

Ons het baie lekker gebly en Hillary en Chris was baie gasvry en het seker gemaak als is reg. Dit is 'n ongelooflike mooi omgewing en daar is baie om te doen op die plaas. Dit is ook naby genoeg aan Clarens dat ons maklik kon dorp toe gaan. Ons sal vir seker weer teruggaan.

Marlene T - Jun 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Marlene T
Saam met eggenoot / lewensmaat

Stunning.

Baie dankie vir 'n wonderlike naweek, Hillary. Ons sien jou gou weer.

Jaco B - Jun 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Jaco B

Baie rustig met ongelooflikke uitsigte.

Was 'n baie rustige naweek met ongelooflike uitsigte. Die staproetes is ook baie mooi en 'n lekker kaggel vir die koue wintersnagte. Was great!

Mafube Mountain Retreat's terugvoer

Dankie vir jou pragtige resensie Jaco. Ons is bly dat u u verblyf geniet het en hoop dat u ons weer sal besoek.

Mafube Mountain Retreat
Ilona G - Mei 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Ilona G
Saam met eggenoot / lewensmaat

Elke sent werd.

Tweede keer daar, en ons beplan al klaar die volgende een!

Petra V - Mei 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Petra V
Gesin met klein kinders

Naweek met gesin.

Heerlike naweek in die natuur, baie om te sien en doen. Kinders het dit baie geniet, selfs geswem (Mei-maand!) Ons gaan vir seker terug!

Marizeth J - Apr 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Marizeth J
Gesin met klein kinders

Wonderlik.

Het die rustigheid en natuurskoon baie geniet. Niks meer as dit nodig nie. Gasvryheid van eienaars ook baie waardeer.

Gerhard V - Apr 2019
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
3/5
Gerhard V
Saam met eggenoot / lewensmaat

Pragtige berge omring die blyplek.

Mafube word omring met pragtige berge maar pad soontoe bietjie sleg. Die eienaars is gasvry. Die verblyf self is baie basies en die braai is nie aan die huis nie. Daar is nie 'n klerekas of plek in die badkamer om iets neer te dit nie ook net sementvloere. 'n Kaggel sou nice wees.

Lizette K - Apr 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Lizette K
Saam met eggenoot / lewensmaat

Ontspannend en ongelooflike natuurskoon.

Vriendelike ontvangs, baie netjies en het die swembad, DStv en Dinosaur Footprints geniet.

Sanita M - Jan 2019
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Sanita M
Gesin met tieners

Pragtige omgewing waar geleë is. Gasvryheid van gasvrou en gasheer was baie goed.

Mooiste omgewing. Gasvrye mense.

Susan P - Nov 2018
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Susan P
Saam met eggenoot / lewensmaat

Rustig, dankie.

Veilig en sentraal!

Jenine P - Sep 2018
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Jenine P

Absoluut fantasties, stilte, vredevol.

Dit was n baie aangename, lekker naweek met goeie, vriendelik diens. Was baie tevrede, alles wat mens nodig het. Ligging is goed, heerlik en pragtig tussen die berge. Lekker en veilige staproetes met wonderlike uitsigte oor die berge en omgewing!

Nelmari B - Sep 2018
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Nelmari B
Gesin met klein kinders

Wat 'n ongelooflike naweek.

Ek kan vir seker Mafube Mountain Retreat aanbeveel. Ek het 'n besige 5 jarige seuntjie en hy het homself gate uit geniet. Die staproetes was fantasties met soveel verrassings om elke draai, dat my seuntjie nie eers een keer gekla het dat hy moeg is nie. Hy het geklouter en verken om elke rots en kronkeldraai. Ons is nie regtig eers die buitelugtipes nie - maar vir die naweek was ons definitief. Daar is 'n speelplek vir die kiddies met 'n baie oulike foefieslide - wat een van my seuntjie se absolute hoogtepunte was. Dit en die dinosaur footprints! Saans het ons heerlik gebraai en met mekaar gesels! Kaart gespeel en speletjies met my seuntjie - dit help natuurlik dat daar nie 'n TV in die cottage was nie. Die eienaars is vriendelik en baie bekend met hulle plek. Ek sal dit definitief vir almal aanbeveel. Veral mammas met seuns!

Chanelle A - Aug 2018
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
5/5
Chanelle A
Saam met vriende

Asemrowend.

Oor die algheel het ons baie lekker gebly. Die staff het ons gehelp en was baie vriendelik. Dit is 'n pragtige plek met uitsigte van die berge in alle rigtings. Ons het net die watervalstaproete gedoen wat baie mooi en die moeite werd was. Die braai-area van die groot contemporary chalet kan bietjie beter ingerig word om die koue uit te jou. Dit het nogals 'n redelike rowwe grondpad wat verkieslik net met 'n bakkie aangepak moet word.

Christine W - Jul 2018
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Christine W
Gesin met tieners

Die omgewing was pragtig en die staproetes baie lekker om te stap.

Hillary was 'n baie aangename gasvrou. Die plaasatmosfeer huis was gerieflik om in te bly en die atmosfeer ontspannend. Als in die huis was skoon en netjies.

Annelize T - Jun 2018
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Annelize T
Saam met eggenoot / lewensmaat

Asemrowende uitsig!

Goeie ligging, alles wat jy benodig vir self-catering, heerlike staproetes. Pad na retreat bietjie challenging vir sedan karre. Staff (Robert) baie behulpsaam.

Enid D - Mei 2018
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
5/5
Enid D
Enkelreisiger

Goeie stap- en fotografie-geleenthede.

Lekker staproetes in 'n baie fotogeniese gebied. Genoeg om fotografie-entoesiaste lank besig gehou. Ongelukkig het reën planne in die wiele gery, maar daar gaan 'n opvolgbesoek wees.

Inge G - Mei 2018
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Inge G

Fantastiese uitsig, goeie ligging, vriendelike gashere.

Ons het met die kinders en hul grootouers 'n wonderlike langnaweek gehad by Mafube Mountain Retreat. Die uitsig en staproetes op die plaas is uniek en die chalet is mooi en gerieflik. Skoonmaakdienste was voortreflik met daaglikse skottelgoedwas ingesluit. Die zipline was 'n treffer met die kinders (<40kg). Daar is min eenhede wat die rustigheid beklemtoon. Die plaas is naby genoeg aan Clarens en Golden Gate Highlands Nasionale Park sodat ons daagliks daar kon gaan stap. Hillary en Chris was belangstellende gashere wat elke dag kom hoor het of als nog goed gaan. Ons is dankbaar dat hulle hul pragtige plaas met ons vakansiegangers deel. Sal die ervaring definitief aanbeveel.

Annalize M - Feb 2018
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Annalize M
Saam met eggenoot / lewensmaat

Kos vir die siel, fantastiese uitsigte en staproetes.

Dit was 'n heerlike wegbreek. Alles was netjies en almal was hulpvaardig. Heerlike ontspanne plek om te gaan rus.

Nicolette S - Jan 2018
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Nicolette S
Saam met eggenoot / lewensmaat

Die plek om battery te herlaai.

Die omgewing is pragtig. Die mense is gasvry. Die hondjies verskaf vermaak. Die stap is moeilik, maar absoluut die moeite werd.

Stephanie H - Nov 2017
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Stephanie H
Saam met vriende

Beautiful!

Hillary en haar man is wonderlike gashere. Die uitsig is beeldskoon, ons sal beslis weer kom!

Ilona G - Nov 2017
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
5/5
Ilona G
Saam met eggenoot / lewensmaat

Lieflik, ontspananned!

Die mooiste uitsig, was elke sent werd. Die eienaars het jou so laat welkom voel en die staproetes was asemrowend.

Wesley S - Jul 2017
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
5/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Wesley S
Gesin met klein kinders

Fantastic location and beautiful scenery.

Had a lovely breakaway with the family at this very relaxed location. Would recommend it.

Andre G - Apr 2017
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Andre G
Gesin met klein kinders

Vyfster wegbreek vakansie.

Ons was 3 volwassenes en 3 kinders, 6 jaar en jonger. Ons plan was om elke dag êrens heen te ry en iets te gaan soek om te doen, op die ou end was daar so baie om te doen by Mafube dat ons net daar gebly het. Daar is veral baie vir die kinders om te doen van staproetes tot 'n plantation playground met 'n zipline. Dit was veral lekker om vir 5 dae nie een keer vir 'n TV te kyk nie. Hillary het ons van die eerste oomblik af laat tuis voel en was 'n baie goeie gasvrou.

Rina D - Nov 2016
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Rina D
Saam met eggenoot / lewensmaat

Awesome!

Ons het 4 fantastiese dae in Mafube Retreat gehad. Chris en Hillary, die gasheer en gasvrou, het ons so tuis soos familie laat voel. Vanaf die hartlike verwelkoming tot die opregte totsiens toe ons vertrek het. Die plaas is op 'n pragtige plek geleë, omring deur die berge. Hulle het na al ons behoeftes omgesien. Die akkommodasie was skoon en netjies. Dit was ons eerste besoek aan Mafube Mountain Resort, maar daar sal nog vele wees.

Dié resensie is vertaal,kliek hierom die oorspronklike weergawe te sien.

Awesome!

We had a fantastic 4 days at Mafube Mountain Retreat. The hosts, Chris and Hillary, made us feel like family. From the warm welcome when we arrived to the sincere goodbye when we left. The farm is situated in the most breathtaking spot, surrounded by mountains. All our needs were catered for. Accommodation was clean and neat. It was only the first of many more visits to Mafube Mountain Retreat.

Jy lees die oorspronklike resensie,kliek hierom die vertaalde weergawe te sien.

Cindy V - Mei 2016
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Cindy V
Saam met eggenoot / lewensmaat

Baie netjies en rustig!

Dis 'n heerlike plek waar mens goed uitrus. Eienaars is so wonderlik en vriendelik. Maak altyd seker alles is reg. Op 'n pragtige plek geleë. Regtig waarde vir geld.

Dawid V - Mei 2016
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Dawid V
Saam met eggenoot / lewensmaat

Baie mooi plek om te besoek as jy lief is vir loop.

Dit is 'n baie mooi plek as jy lief is vir die natuur en loop in die berge. Baie rustig en stil.

Helena R - Des 2015
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Helena R
Gesin met klein kinders

Dit was lekker.

Baie droog, maar Chris en Hillary kan niks daaraan doen nie.

Vanaf R750
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R750
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R750
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 15 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Oorblyfsel van Groot Verwulf-plaas 274 , Clarens-straat (R711), Fouriesburg, 9725, Vrystaat
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAADHDKXNprCzpDItav0CgFS5kzS5wB3jrxls96GFhQXLSRao9szs?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R750  per nag (vir 2 persone) 30 5 1 5 Remainder of Groot Verwulf Farm 274 Clarens Road (R711) 9725 Vrystaat 086 999 0018 14:00-20:00 10:00 -28.666916666667 28.278833333333
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za