Maleanrich
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 12:00 - Adres: Malgas-singel 40, Lampiesbaai, St. Helenabaai, 7390, Wes-Kaap
- Vanaf R2 180 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
Maleanrich is 'n pragtige selfsorgvakansiehuis in Lampiesbaai in St. Helenabaai op die Weskus en is ideaal vir vriende of 'n gesin wat op soek is na gerieflike verblyf, wat stapafstand is van die Goue Mylstrand af.
Die perseel bied verblyf aan 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Gaste in dié 2 slaapkamers deel 'n tweede badkamer wat 'n bad en 'n stort het. Linne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet hulle eie strandhanddoeke saambring. Daar is ook 'n buitestort met warm water.
Die oopplan-leefarea het 'n kombuis wat met 'n gasstoof en -oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, skottelgoedwasser, eetgerei en breekware toegerus is, en daar is 'n toonbank met 4 stoeltjies. Die eetarea het 'n etenstafel met sitplek vir 6 gaste, en daar is 'n sitarea met gemaklike sitplek, 'n slim-TV en klanksisteem. Gaste moet hulle eie internet en intekenbesonderhede saambring as hulle internetkanale wil stroom.
Daar is 'n binnebraai naby die etenstafel wat ook gemaklike sitplek het. Die braai-area het skuifdeure wat na die stoep en die tuin lei. Veilige parkeerplek in 'n dubbeldeurmotorhuis wat gesluit kan word, is beskikbaar. Daar is ook 'n sandput vir kinders om te geniet.
Naby die verblyf is daar verskeie besienswaardighede en aktiwiteite, soos 'n 4,5 km-strand, perdry, gholf, seisoenale walvis- en dolfynebesigtigings, sowel as winkels, gholfbaan, restaurante en 'n spa.
Kamer-opset
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Selfsorg
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
Eenheidgeriewe
- Kluis
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Tv
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
5/5
Omar Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 1
Op LekkeSlaap 1 jaar
Ligging
- Malgas-singel 40, Lampiesbaai, St. Helenabaai, 7390, Wes-Kaap
- Gaste dink Maleanrich het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Golden Mile St. Helenabaai Weskus Wes-Kaap
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 12:00 - Adres: Malgas-singel 40, Lampiesbaai, St. Helenabaai, 7390, Wes-Kaap