6 gaste
3 slaapkamers
3 beds
1 badkamer
- 6 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - 104 Malva Road, Dana Bay, 6510, Wes-Kaap Sien kaart
Beskrywing
Malva Weg 104 is 'n gerieflike selfsorghuis vir 6 gaste, net 100 m van die St Blaize-staproete en 400 m van 1ste Strand in Danabaai af.
Dié ruim huis het 'n uitsig oor die see en beskik oor 3 slaapkamers, 2 badkamers, 'n kombuis, eetarea, sitkamer en 'n braaikamer. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort.
Die tweede slaapkamer het ook 'n koningingrootte-bed en die derde slaapkamer het 'n dubbelslaapbank. Dié 2 kamers deel 'n badkamer wat 'n bad en 'n aparte toilet het. Linne word voorsien, maar gaste moet asb. hul eie handdoeke saambring.
Die kombuis is met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Etes kan aan die etenstafel vir 6 geniet word. Gaste kan ook die wasmasjien gebruik.
Gaste kan in die sitkamer met 'n TV met sekere DStv-kanale ontspan, of op die toegeboude stoep met 'n ingeboude braai-area en 'n uitsig oor die see.
Danabaai is omring deur fynbos en is in die hartjie van die Kaapse Blommeryk. Dit is ook die tuiste van vrylopende klein wild en 'n wye verskeidenheid voëllewe. Verskeie doendinge kan geniet word, insluitend watersport, voetslaan en dolfyn- en walviskyk in seisoen.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.3/5
Petro Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 4
Op LekkeSlaap 5 jaar
Ligging
- 104 Malva Road, Dana Bay, 6510, Wes-Kaap
- Gaste dink Malva Weg 104 het ’n uitstekende ligging
Jy sal nog nie hoef te betaal nie.
104 Malva Road, Dana Bay, 6510, Wes-Kaap
Sien kaart- 6 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang