Mandalay Guest House

Voeg by Gunstelinge

 

Winteraanbod 20 % af

Kry 20% af. Geldig vanaf 1 Aug 2019 tot 31 Aug 2019.

Beskrywing

Mandalay Guest House is in die kusdorpie Plettenbergbaai geleë. Dit is net 10 minute se stap van die hoofstrand af en die N2-snelweg en Keurbooms-strandmeer is albei minder as 'n kilometer van dit af.

Verblyf word aangebied in dubbel- of enkelkamers, 'n gesin-suite en 'n selfsorgwoonstel. Al die kamers en eenhede het patio's of balkonne met uitsigte oor die Tsitsikammaberge, tuin of swembad. Die kamers spog ook met moderne meubels, TV's met DStv-kanale en en suite-badkamers wat ingerig is met storte. 'n Ekstra persoon kan op 'n slaapbank geakkommodeer word in sekere van die kamers, indien dit vooraf gereël is en teen 'n ekstra koste.

Ekstra geriewe sluit gratis WiFi en privaat parkeerplek op die perseel in. 'n Vars buffet-styl Kontinentale ontbyt is op versoek beskikbaar. Braaigeriewe is ook beskikbaar vir gaste se gebruik.

Nabygeleë besienswaardighede sluit in: 'n olifant-reservaat, 'n baie groot tuin met volop voëls wat kenmerkend is as die grootste vryvlieg-omgewing in die suidelike halfrond, Monkeyland waar jy lekker met 'n groot verskeidenheid apies kan speel en natuurlik walviskyk-uitstappies om dié asemrowende seereuse te gaan besigtig asook dolfyne en Kaapse pelsrobbe onder oog te kry.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Duits

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt

Parkeerplek

  •  Parkering Van Die Straat Af
  •  Parkering Op Die Straat

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Mandalay Guest House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R770 R616 per nag (vir 2 mense)

Kry 20% af. Geldig vanaf 1 Aug 2019 tot 31 Aug 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false