Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Manoir de Montagne

Selfsorg
  • Kapasiteit: 10 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Vierde-straat 208, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R9 700 per nag (plek vir 10)

Beskrywing

Manoir de Montagne is 'n eg Suid-Afrikaanse plaasopstal wat die gevoel van 'n samesmelting tussen Franse Provençal en Kaaps-Hollands bied. Hierdie herehuis is aan die voet van die majestueuse Overberge geleë en bied ruim selfsorgverblyf op 'n groot eiendom. Dit is ideaal vir gesinne wat groot oop ruimtes benodig waar kinders veilig pret kan hê terwyl volwassenes hul tyd rondom die swembad of onderdakbraai-area geniet. Dit is in Voelklip in Hermanus en is net 'n entjie se ry vanaf Grotto-strand.

Dié huis bied slaapplek aan 10 volwassenes en 2 kinders op versoek. Dit beskik oor 5 smaakvol ontwerpte slaapkamers, waarvan 3 in die hoofhuis is. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, wasbak en 'n toilet. Hierdie slaapkamer het 'n privaat balkon met 'n pragtige uitsig oor die see en strandmeer in die verte. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en het 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en 'n aparte toilet. Hierdie kamer het 2 klein balkonne met 'n uitsig oor die tuin en swembadarea, asook 'n see-uitsig. Die derde slaapkamer word deur slaapkamers 1 en 2 omring en het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet. Die vierde slaapkamer is 'n kothuis wat volledig toegerus is en is ideaal vir 'n gesinsbyvoeging of 'n au pair. Dit het 'n koningingrootte-bed en 'n badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet. Hierdie kamer het 'n kombuisie wat met 'n yskassie, stoof, mikrogolfoond, basiese eetgerei, breekware en koffie- en teemaakgeriewe toegerus is. Dit het 'n klein TV-area met 'n slaapbank vir 2 kinders. Die vyfde slaapkamer is apart van die hoofhuis en het 2 enkelbeddens. Hierdie kamer het ook 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet. Daar is 'n aparte gastetoilet in die huis. Linne en handdoeke word voorsien.

Hierdie huis het 'n groot stoep aan die voorkant en die pragtige Franse deure lei gaste by hierdie historiese huis in. Hiér kan gaste ontspan, vermaak en gesinsamesyn geniet. Daar is 'n ruim oopplan-kombuis, -eetarea en -sitareas. Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, gasstoof, elektriese oond,
mikrogolfoond, eetgerei, breekware en koffie- en teemaakgeriewe toegerus. Hierdie huis het ook 'n skottelgoedwasser, wasmasjien en 'n tuimeldroër. Die sitarea het gemaklike rusbanke, 'n TV met die volle DStv-pakket en 'n knus kaggel.

Gaste kan óf op die voorstoep óf in die binnehofarea langs die swembad ontspan. Daar is ook 'n aparte braai-area aan die ander kant van die kothuis. Gaste kan die privaat tuin, buitelug-sitarea en die braaigeriewe geniet. Parkeerplek is op die perseel beskikbaar. Die eiendom is veilig en het 'n alarmstelsel.

Die eiendom is naby strande, verskeie restaurante, kunsgalerye en koffiewinkels. Dit is ook naby die strandmeer en skilderagtige stap- en bergfietsry-roetes op die berg.

Slaapplek

’n Bespreking by Manoir de Montagne sluit in:

Koninggrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xKoninggrootte-bed
Koningingrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Dubbelbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Koningingrootte-bed
Slaapkamer 4
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 5
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Troeteldiere indien gereël
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Badkamer

  • Bad
  • Stort
  • Seep
  • Toiletware

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Haardroër
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Eksklusiewe dstv
  • Tv

Jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.

4.7/5

Corné Geverifieer

Eiendomme 53

Resensies 27

Jaar gelys 2

Ligging

  • Vierde-straat 208, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R9 700
per nag (plek vir 10)
Vanaf
Vanaf R9 700
per nag (plek vir 10)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Vierde-straat 208, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA69499e9d401cec1ac77ecc87495eab28dc0f89d553a29983904a617849de85272af29f47d80e93feb712285c4e4c6f5fc3d9?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R9 700 per nag (plek vir 10) 208 4th Street Hermanus 7200 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.407826363664 19.290379647221
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem