Mansfield Game Reserve

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Kom ervaar die natuurlike skoonheid van die Oos-Kaapse Bosveld by Mansfield Wildreservaat. Hierdie eksklusiewe reservaat is teen die Kowierivier in die hartjie van die Sonskynkus geleë. Dis net 6 km buite Port Alfred op die Bathurst Pad geleë as mens met 'n motor kom of 11 km rivierop as mens met 'n boot op die Kowierivier kom.

Daar is 'n verskeidenheid verblyf-opsies beskikbaar, van elegante eenhede tot kampeer- en karavaanstaanplekke. Al die verblyf-opsies bied ongelooflike uitsigte! Gaste kan uitsonderlike gemak en ontspanning by dié unieke reservaat te wagte wees.

Mansfield Reservaat bied 'n groot verskeidenheid doendinge en geriewe. Dit sluit in: ons seisoenale Black Rock Restaurant teen die rivier, die speelpark vir kinders met 'n klimraam, trampolien, rotspoel, sandput, piekniek- en braaigeriewe. Dis die perfekte plek om saam met vriende en familie te ontspan.

Boonop bied die reservaat ook uitstekende geleenthede vir voëlkyk, piekniek hou, visvang, kanovaart en wonderlike wildritte op ons oop safari-voertuie wat 'n onvergeetlike wildkyk-ervaring bied. Daar is verskeie staproetes op die reservaat waar jy 'n ongelooflike verskeidenheid wild en voëls te siene sal kry. Verlustig jouself in die ongelooflike en veilige wildkyk-geleenthede wat Mansfield bied.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Voëlkyk
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Swem

Geriewe

  •  Swembad
  •  Begeleide Wildritte as Ekstra
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Restaurant op Perseel
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Mansfield Game Reserve gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R140 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za