Marechale Way
- Kapasiteit: 4 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Marechaleweg 52, Woodbridge Island, Milnerton, 7441, Wes-Kaap
- Vanaf R1 400 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
Marechale Way is in Kaapstad se kusbuurt, Milnerton, en bied eindelose besienswaardighede met geen tekortkoming aan natuurskoon. Die huis is in die veilige Woodbridge Island Estate met 'n pragtige uitsig oor die Atlantiese Oseaan. Gaste hoef nie ver te gaan om luilekker dae op die strand te spandeer of 'n heerlike ete langs die kus te geniet nie.
Dié huis het slaapplek vir 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die kamer bied ook toegang tot 'n balkon met 'n ongelooflike uitsig. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en die gaste badkamer het 'n bad en 'n stort. Daar is ook 'n aparte gastetoilet.
Die kombuis is ten volle toegerus vir selfsorg en het 'n skottelgoedwasser, stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, eetgerei en breekware. Die eetarea het sitplek vir 6 mense en die sitkamer het 'n heerlike sitstel en 'n platskerm-TV met sekere DStv-kanale. Grats WiFi word voorsien.
Geriewe op die perseel sluit 3 swembaddens, 'n 18 putjie-gholfbaan langs die kompleks en 'n braai-area.
Doendinge in die omgewing sluit 'n kanoklub, 'n rolbalklub, wynproe en swem in. Een van die wêreld se bekendste vlieërbranderry-strande is net 'n paar minute weg.
Die leefarea bied toegang tot 'n patio-area met buitemeubels en braaigeriewe. Die patio kyk uit oor die klein tuin. Die landgoed het gemeenskaplike swembaddens en 24 uur-sekuriteitstoesig.
Kamer-opset
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Geen Rook Binnenshuis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Wynproe
- Fietsry
- Swem
Hier praat ons
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Onderdakparkering
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Aparte toilet
- Stort
Eenheidgeriewe
- Eetkamer
- Waaier
- Klein kombuis
- Sitkamer
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Eksklusiewe dstv
- Tv
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.6/5
Host Geverifieer
Eiendomme 100+
Resensies 651
Op LekkeSlaap 10 jaar
Ligging
- Marechaleweg 52, Woodbridge Island, Milnerton, 7441, Wes-Kaap
- Gaste dink Marechale Way het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Milnerton Noordelike Voorstede Kaapstad Wes-Kaap
- Kapasiteit: 4 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Marechaleweg 52, Woodbridge Island, Milnerton, 7441, Wes-Kaap