Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Marina Views

Waterside-kamers
Vanaf
Vanaf R900
per eenheid
  • Plek vir 2 persone
  • Kamer in Gastehuis/B&B
  • Koninggrootte-bed
  • Lees meer
Beskrywing

Hierdie kamer het ’n koninggrootte-bed wat op versoek in 2 enkelbeddens omskep kan word en 'n en suite-badkamer met ’n stort, toilet en wasbak. Die kombuisie is met 'n ketel, yskas, broodrooster, mikrogolf, warmplaat, eetgerei, borde, bekers en panne toegerus. Daar is ook 'n TV met sekere DStv-kanale, gratis WiFi, 'n haardroër, 'n strykyster, strykplank en ingeboude kaste. Elke kamer het ook toegang tot 'n privaat stoep met braaigeriewe. Die perseel het 2 gemeenskaplike dekke reg by die water en bied 'n asemrowende uitsig oor die meer en op die berg.

Die eenheid/kamer het
Koninggrootte-bed
Slaapkamer
Plek vir 2 persone
1 xKoninggrootte-bed
Tariewe
Meer foto's van kamer/eenheid
Kamergeriewe
Meer oor hierdie kamer
  • Nie rook
  • Patio
  • Privaat ingang
Dienste
  • Koordlose internet
Badkamer
  • En-suite
  • Stort
  • Seep
Kamergeriewe
  • Waaier
  • Klein kombuis
Elektriese Toebehore
  • Yskas
  • Haardroër
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
Ekstras
  • Kroegyskas
  • Tee en koffie skinkbord
Vermaak
  • Eksklusiewe dstv
  • Tv
Prys sluit in

Selfsorg

Huisreëls

Kinders onder 14 jaar word ongelukkig nie toegelaat nie.
Kinders tussen 14 en 18 jaar betaal 100% van die deeltarief.
Bepalings en voorwaardes:
Elke bespreking wat deur Marina Views aanvaar word, is onderhewig aan hierdie bepalings en voorwaardes wat ten volle deur gaste aanvaar is. Enige betalings wat aan Marina Views gemaak is in ooreenstemming met ‘n huur- of besprekingsfooi, dui aan dat gaste vertroud is met die bepalings en voorwaardes en dit ten volle aanvaar. Tensy skriftelik verminder en deur Marina Views aanvaar, is geen ander bepalings en voorwaardes geldig nie.
Tarief: Tariewe is seisoenaal, onderhewig aan beskikbaarheid en wisseling. Die volle gekwoteerde bedrag word as die tarief geag. Tariewe vir kamers 1 tot 5 is per persoon per nag wat deel. Maksimum 2 gaste. Die huistarief is gebaseer op die hele huis. Maksimum 6 gaste. Geen kinders onder 14 jaar word toegelaat nie. Kinders ouer as 14 jaar betaal die volle tarief. ‘n Geldige ID moet verskaf word indien versoek. Hierdie tariewe is nie vir groepe beskikbaar nie en maksimum 3 kamers per bespreking is van toepassing voordat ‘n groeptarief gehef word. Sekere spesiale aanbiedings en tariewe gaan gepaard met hulle eie bepalings en voorwaardes wat daarvolgens sal geld.
Inklok en uitklok: Inkloktyd is na 13:00 en voor 17:00. Uitkloktyd is voor 10:00. Enige inklok ná 17:00 moet met Marina Views bevestig word sodat ‘n personeellid beskikbaar kan wees vir die laat-inklok. As daar na 17:00 geen antwoord by die ontvangshek is nie, skakel asb. die na-ure-nommer op jou bevestigingsblad of op ons webtuiste.
Woonvoorwaardes: Ons vrywaringsvorm moet met aankoms onderteken word deur die persoon verantwoordelik vir die gaste en hy/sy neem volle verantwoordelikheid vir die hele groep. Maksimum 2 gaste (individuele tarief) kan per kamer geakkommodeer word. Maksumum 6 gaste (eenheidtarief) kan in die huis geakkommodeer word. Slegs gaste wat per naam tydens die bespreking bevestig is, sal toegang tot die kamers kry. Gaste mag nie die kamers aan iemand anders aanwys, onderverhuur of besit deel nie. As ‘n gas ‘n ekstra persoon nooi om in die kamer te bly, is dit net moontlik met Marina Views-bestuur se toestemming. Indien goedgekeur, sal die gas wat die vrywaringsvorm onderteken het, die tarief gehef word wat op daardie tydstip van toepassing is en verantwoordelik wees om die ekstra gas se rekening te betaal. Geen besoekers word op die perseel toegelaat nie. Geen kinders onder 14 jaar word op die perseel toegelaat nie.
Betalings: Die volle bedrag is vooraf betaalbaar om die bespreking te bevestig 3 dae of minder voor die inklokdatum. Minimum 50% is betaalbaar wanneer die bespreking gemaak word en die balans is betaalbaar binne 9 dae voor die inklokdatum. Volle betaling word vooraf benodig om die bespreking te bevestig gedurende 1 Desember tot 15 Januarie (spitsseisoen). 50% is betaalbaar wanneer die bespreking gemaak word en die balans is betaalbaar binne 9 dae voor die inklokdatum 50% word vooraf benodig om alle besprekings te bevestig. Die balans is betaalbaar met aankoms. Geen besprekings word bevestig sonder die bewys van volle betaling of ‘n betalingsbewys deur ‘n geregistreerde reisagent nie. ‘n Mondelinge of e-posbespreking sonder vooraf betaling en lewering van die nodige dokumente word nie as ‘n geldige bespreking beskou nie. Die kwotasie word nie beskou as ‘n bespreking of ‘n bevestigde bespreking nie. ‘n Kwotasie is ‘n formele verteenwoordiging van vereistes van Marina Views. Besprekingversoeke (gevolg deur ‘n kwotasie) kan nie gewaarborg word nie. Herbevestig asb. beskikbaarheid wanneer jy ‘n kwotasie aanvaar voor jy betaal. Marina Views aanvaar die volgende betalingmetodes: Kontant, EFT, direkte deposito’s en kredietkaartbetalings. AMEX- en DINERS-kaarte word nie aanvaar nie. Marina Views is nie aanspreeklik vir korrespondensie wat verlore of vertraag is via e-pos of faks nie. Indien ‘n bespreking onbevestig bly, behou Marina Views die reg voor om die verblyf beskikbaar te stel as ‘n ander bespreking opduik. Sodra bewys van betaling ontvang is, reik Marina Views ‘n bevestiging uit. Besprekingsnaam of faktuurnommer moet as verwysing vir ‘n betaling gebruik word. Ons bankbesonderhede verskyn op alle kwotasies, pro forma-fakture en fakture.
Kamers word slegs bevestig sodra al ons bepalings en voorwaardes nagekom is.
Sleutels: Sleutels of kaarte word verskaf vir die duur van jou verblyf en moet op die uitklokdatum teruggegee word. Versuim om die sleutel of kaart terug te gee, sal lei tot ‘n heffing van R150. As jy die sleutel gedurende jou verblyf verloor en hulp benodig om by die kamer in te kom, word R150 gehef.
WiFi: WiFi is op die perseel beskikbaar. Ons sal help waar moontlik om die diens te kan gebruik, maar ons is nie aanspreeklik of sal enige verlies dra as jy nie by die diens kan aansluit nie, om welke rede ook al.
Algemeen: Die reg tot toegang word te alle tye streng voorbehou. Dis ook van toepassing op gaste wat kamers bespreek. Kamers wat by Marina Views gehuur word, dra nie besit aan die gas oor nie en skep ook nie die verhouding van verhuurder en huurder tussen Marina Views en die gas nie. Die gas is nie geregtig op enige vorm van huur nie. Gaste bevestig dat hulle nie kamer sal okkupeer as hulle enigste en/of primêre verblyf nie. Rook is binnenshuis verbode. Al die kamers is selfsorg. Geen maaltye of drankies word voorsien nie. Basiese kookgeriewe is in elke kamer beskikbaar. Geen harde musiek of gedrag wat aanstoot mag gee of ander gaste of die omliggende buurt sal steur word toegelaat nie. Ons laat nie enige troeteldiere of diere op die perseel toe nie. Geen items mag uit die kamers verwyder word nie. Gaste is aanspreeklik om enige skade in die kamer te herstel, hetsy weens onverantwoordelikheid, opsetlike skade of nalatige gedrag. Indien enige skade voorkom, is die gas verplig om dit sonder versuim aan te meld. As die skade na die uitklokdatum ontdek word, sal Marina views die gas skriftelik in kennis stel tesame met ‘n lys van die skade en ‘n faktuur wat die koste vir herstel uiteensit. Wanneer jy inklok, rapporteer asb. alle items wat stukkend voorkom. As jy voel daar is ‘n klagte wat jy wil aanspreek, skakel en bespreek dit met bestuur of stuur ‘n e-pos.
Privaatheid: Marina Views sal nie enige van jou persoonlike inligting met enige derde party deel buiten diegene wat in die besprekingsproses betrokke is nie. Die enigste uitsondering is indien Marina Views deur ‘n hof gedagvaar word, deur ‘n lasbrief vir arres gedwing word, om in omstandighede soos ‘n noodgeval vir jou eie veiligheid.
Vrywaring: Gaste besoek hierdie instansie op hulle eie risiko. Gaste stem hiermee toe namens hulself en hulle groeplede dat ‘n voorwaarde vir die verblyf by Marina Views is dat nie Marina Views, hulle werknemers of agente aanspreeklik is vir enige besering of dood van enige persoon, of verlies of vernieting van, of skade aan enige eiendom op die perseel, hetsy wees ‘n brand, diefstal of enige ander oorsaak deur wie ook al veroorsaak, of hetsy weens die nalatigheid of wederegtelike gedrag van enige persoon in Marina Views se diens nie. Marina Views, hulle agente en/of werknemers ("die eienaar") is nie aanspreeklik vir, en gaste doen hiermee afstand van enige eise vir enige optrede, nalatigheid wat lei tot enige ongeluk, skade, verlies, besering, uitgawe of ongerief, hetsy aan ‘n persoon of eiendom, wat enige van die persone genoem op die gasregistrasievorm of enige van hulle gaste of besoekers wat die perseel gebruik, mag ly of wat voortspruit uit, of op enige manier verbind word met die kamer wat bespreek is. Gaste, bo en behalwe die bogemelde, vrywaar hiermee die eienaar teen enige eise wat mag voortspruit van enige aard, hetsy dit voortspruit wees nie eienaar se versuim, nalatigheid of andersins. Hoewel alles moontlik gedoen sal word om te verseker dat die inligting verskaf op ons webtuiste akkuraat is. Kan Marina Views, hulle agente, afgevaardigdes en werknemers geen waarborg gee ten opsigte van die webtuiste se werking en die inligting en foto’s daarop nie. Daarvolgens stel enige persoon wat die webtuiste besoek Marina views skadeloos teen enige en alle verlies, aanspreeklikheid, optrede, prosedures, koste, versoeke en skade van enige aard, (insluitend direkte, indirekte, spesiale of daaropvolgende skade) as gevolg van die gebruik van hierdie webtuiste of enige skakels wat vanaf hierdie webtuiste lei.
Heersende wetgewing en jurisdiksie: Die Suid-Afrikaanse reg reguleer die geldigheid, opstel en uitvoer van hierdie voorwaardes, en die persone wat op die besprekingsvorm genoem word stem toe dat enige dispuut tussen hulle onderhewig aan die Suid-Afrikaanse howe se eksklusiewe jurisdiksie is.

Kansellasiebeleid
Meer as 1 maand voor die inkloktyd 50%van die deposito word terugbetaal
Meer as 2 weke voor die inkloktyd 25%van die deposito word terugbetaal
Minder as 2 weke voor die inkloktyd 0%van die deposito word terugbetaal
Vanaf
Vanaf R900
per nag (plek vir 2)
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Admirals Walk 25, Marina Da Gama, Muizenberg, Kaapstad, 7945, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 18
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAn7gf68Cl4JlvWKnrJDfrN2A2ndfGf1QijM8w7yCqZGNlaC3aBR?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R900 per nag (plek vir 2) 99 5 1 5 25 Admirals Walk Marina Da Gama, Muizenberg 7945 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-17:00 10:00 -34.09468277883 18.474234874031
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem