Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Marleô Vakansie huis

Selfsorg

Jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.2/5

Marie Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 8

Jaar gelys 1

Opsomming van Resensie

4.3 uit 5van 8 resensies vir Marleô Vakansie huis
Netheid
4.0/5
Diens
4.3/5
Ligging
4.5/5
Veiligheid
4.5/5
Waarde vir geld
4.0/5
Zaandré P - Feb 2024
Algehele gradering
Netheid
3/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Zaandré P
Gesin met klein kinders

Rustig in die natuurskoon!

Lekker rustig gekuier by Marlêo. Ek sal dit beslis aanbeveel vir mense met kinders groot of klein! Veilig en gerieflik.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Marleô Vakansie huis se terugvoer

Zaandré, baie dankie vir die resensie.

Marleô Vakansie huis
Cecil P - Feb 2024
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Cecil P
Gesin met tieners

Rustig met baie wildlewe om jou.

Huis het alles wat benodig word en het baie lekker gebly met baie diere wat die tuin besoek.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Marleô Vakansie huis se terugvoer

Cecil, baie dankie vir die resensie.

Marleô Vakansie huis
Carin C - Jan 2024
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Carin C
Saam met vriende

Pragtige plek en sal dit regtig aanbeveel vir ander mense.

Ons het heerlik gebly. Baie diere wat bedags en saans kom inloer het.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Marleô Vakansie huis se terugvoer

Carin, baie dankie vir die positiewe terugvoer.

Marleô Vakansie huis
Hanlie K - Des 2023
Algehele gradering
Netheid
3/5
Diens
3/5
Ligging
3/5
Veiligheid
2/5
Waarde vir geld
1/5
Hanlie K
Gesin met tieners

Baie teleurgesteld. Marleô Vakansie huis kan lekker wees as daar dringend na probleme gekyk word.

Selfde probleme wat in vorige resensies genoem word, geld nog steeds. Vir 6 dae geboek en na 2 dae uitgetrek. Probleme met krag. Boonste en onderste lugversorger kan nie gelyk aan wees as die krag afgaan. Lugversorgers se water loop in kamers uit. Dak lek as dit reën. Rotte in mure en urienreuk. Kyk dringend na die probleme en dit kan 'n lekker vakansieplek wees. Baie kos verloor wat vrot geword het in yskas sonder krag. Die eienaars het 3 dae gesê geld aan ons terugbetaal en ons deposito.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Marleô Vakansie huis se terugvoer

Dankie vir die resensie Hanlie. Soos ek onthou, het ons dadelik die probleme uitgesorteer. Die probleem was ook 'n probleem met die park se elektrisiteit. Ek onthou jou woorde as "Dit is maar Marloth" en Leon het gesê nee, ons kry nou iemand om dit uit te sorteer.

Op die 27ste was twee werkers in die dak, geen rotte of mis was gevind nie.

Met redelike reën, was daar 'n lekplek, wat ons ongelukkig nie geweet het totdat dit reën nie.

Ek sal dit waardeer indien jy die "probleme van vorige resensies" vir my kan stuur. Dit sal opreg waardeer word. Baie dankie.

Marleô Vakansie huis
Frik B - Nov 2023
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Frik B
Gesin met tieners

N Lekker rustige vakansie plekkie.

Ons het dit baie geniet by Marleo. 'n Veilige vakansiehuisie met 'n lekker atmosfeer. Die stoep was amazing en die bad is ekstra groot vir gemaklike ontspanning! Ons het nie eens geweet van loadshedding met die solar panels nie! Die eienaars is vreeslik behulpsaam en gaan uit hul pad om alles so gerieflik moontlik te maak.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Marleô Vakansie huis se terugvoer

Frik, baie dankie vir die positiewe terugvoer.

Marleô Vakansie huis
Ralph C - Okt 2023
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Ralph C
Gesin met klein kinders

Buite stadslewe wegbreek.

Heerlike ruim plek. Puik ligging in die park. Kon van die wild binne die veiligheid van die dek bekyk. Swembad en lugversorging was 'n groot verligting vir die hitte. Die eiendomsbestuur / eienaars was baie behulpsaam. Sal beslis in die nabye toekoms weer daar bly.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Marleô Vakansie huis se terugvoer

Ralph, baie dankie vir die positiewe terugvoer.

Marleô Vakansie huis
Kelvin V - Sep 2023
Algehele gradering
Netheid
1/5
Diens
1/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
3/5
Kelvin V
Saam met vriende

Ons het probeer om die beste van 'n slegte saak te maak, maar vir ons wat ons vriende saamgenooi het het ons ons kop in skaamte gesak.

Ons het vreeslik uitgesien na ons wegbreeknaweek saam met ons vriende. Dit was 'n eerste keer vir ons vriende in Marloth. Ons kom vir die afgelope 5 jaar na Marlothpark. Ons was baie teleurgesteld in die vakansiehuis. Dis 'n lekker huis, maar kort beslis 'n goeie skrop en skoonmaak om mee te begin. Die plek is smerig vuil. Die deure is taai, die vensters was maande terug laas gewas, die glas van die kombuiskaste is net so dof, die oond binne was skoon, maar die stoof bo-op was vuil van die vorige gaste wat kosgemaak het, alles maar alles wat ons gebruik het (glase, borde, glasbakke, popcorn bak) was vuil en ons moes alles was voor ons dit kon gebruik. Ons almal was baie vies. Die vloere was net so vuil, ons kon nie kaalvoet loop nie, ons voete was pikgitswart van die vloere. Die dek bo se planke was net so vuil. Ons het muismis op ons kamer se vloer gekry (kamer bo met 'n dubbelbed). Die aircon in die sitkamer lek dat daar 'n plas water vorm naby die deur, die aircon in die kamer wat die twee enkelbeddens het lek net so erg op die plankvloere en die remote van die aircon werk nie altyd om die aircon aan en af te skakel nie. Die kamer met die 2 enkelbeddens se kragproppe het nie gewerk nie. Die stort bo is so ongemaklik klein dat mens sukkel om uit die stort te kom want die deur maak nie groot genoeg oop nie. Die onderste badkamer se borrelbad is buite werking. Daar's nie 'n "hand rail" om in en uit die bad te klim nie en dit hou beslis 'n veilligheidsrisiko in. Na elke stort moes ons 'n groot plas water opmop soos die water ophoop langs die bad. Die lig wat op die trappe moet skyn werk nie. Nie een van die kamers het soos 'n spieëlkas of plek waar mens kan sit en hare kan droogblaas of grimeer nie. Die spieëls is ver weg van die kragproppe af en 'n haardroër se draad is nie lank genoeg om daarby te kom nie. Die onderste kamer se hangkas kan mens die deur wat by die venster sit nie eers behoorlik oopmaak om klere daarin te pak nie. Toe ons die rugby wou kyk kon ons nie en toe ons die eienaar vra is daar vir ons gesê hul kinders stream die rugby. Dit het na so 'n lekker plek gelyk en dit kan wees, maar die plek kort regtig aandag en 'n goeie skoonmaak. Dit was die smerigste plek waarin ons al vakansie gehou het. Ons hou van 'n skoon en netjiese plek en jy wil graag jou skoene uitskop en kaalvoet loop en dit was nie vir ons beskore nie. Jy kan regtig nie van jou gaste verwag om 'n plek eers te kom skoonmaak nie, veral as mens so min tyd het. Ons maak altyd skoon en in 'n goeie toestand los voor ons vertrek. Daar moet beslis toesig gehou word wanneer die kontrakteure wat moet skoonmaak na gaste vertrek het hul werk doen. Ek sal nooit weer Marleô Vakansie huis bespreek nie, ons was so so vies vir die plek. Die plek kan doen met opknapping van verf en aandag. Sekuriteit was vir ons geroep om ons te kom stilmaak waar dit die mense was wat ager ons gewoon het en die vorige nag tot na 3 die oggend te kere gegaan het, maar hulle is gelos.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Marleô Vakansie huis se terugvoer

Kelvin. Baie dankie vir die terugvoer. Ons sal verseker aandag daaraan gee.

Marleô Vakansie huis
Jaco S - Aug 2023
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Jaco S
Gesin met klein kinders

Lekker gekuier op die stoep, by die boma en by die braai-area, asook die dek.

Was baie lekker. Diere kom tot by jou. Beligting was baie goed. Huis is skoon. Genoeg eetgerei vir braai. Splash pool is 'n goeie ding om te hê. Sal definitief weer daar bly.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Marleô Vakansie huis se terugvoer

Jaco. Baie dankie vir die positiewe terugvoer.

Marleô Vakansie huis
Vanaf R1 300
R1 300 R1 105
per nag (plek vir 6)
Vanaf R1 300
R1 300 R1 105
per nag (plek vir 6)
Vanaf R1 300
R1 300 R1 105
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Impalastraat 4294, Marlothpark, 1321, Mpumalanga
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAdb37472c8137a187cf278f423401536d7ee3714af7d590d75d3b8bd3177c931b663c5ffe6e25f3af6206722471c628ad5374?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R1 300 nouVanaf R1 105 per nag (plek vir 6) 8 5 1 5 4294 Impala Street Marloth Park 1321 Mpumalanga 021 201 8901 14:00-22:00 09:00 -25.3568855 31.8059247
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem