Marlothpark Akkommodasie by Marlothii Safari House | LekkeSlaap
+34
+34

Marlothii Safari House

7 resensies
Selfsorg
  • Vanaf R1 400 per nag (plek vir 6)
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kameelperdlaan 1483, Marlothpark, 1321, Mpumalanga
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

Marlothii Safari House is in die Marlothpark bewarea en vakansiedorpie in Mpumalanga, waar wilde diere rustig tussen die huise rondbeweeg.

Dié eenheid beskik oor 2 slaapkamers met dubbelbeddens op die grondvloer, 1 oopplan-kamer met 'n koningingrootte-bed op die eerste vloer en 'n driekwartbed in die sitkamer bo.'n Ekstra enkelbed kan ook bygevoeg word. Onder is daar 'n badkamer met 'n bad, stort en aparte toilet. Bo is daar nog 'n toilet en 'n buitestort op die dek.

Die ruim sitkamer en eetarea is bo en onder is daar 'n oopplan-kombuis en -eetarea. Die kombuis is volledig vir selfsorg toegerus. Die sitarea beskik oor gemaklik sitplek en 'n TV met 'n DStv-koppelpunt. Bring asb. jou eie DStv-dekodeerder en -slimkaart saam. Gaste het ook 'n wasmasjien tot hul beskikking.

Daar is houtdekke rondom die huis op die boonste vloer. Gaste kan lekker hier ontspan, die wild bewonder, asook die meer as 300 voëlspesies in die omgewing probeer identifiseer. Daar is ook nagapies om te voer.

Op die onderste verdieping is 'n lekker groot patio met 'n tafel, gemaklike rusbank, stoele, 'n plonspoel en braai-area. Daar is ook 'n lekker boma waar gaste om die kampvuur kan ontspan. Marlothii Safari House bied 'n ruim 210m²-dubbelverdiepinggrasdakhuis, wat die enigste instansie op 'n 2 060m²-staanplek is. Gaste kan die privaat swembad/plonspoel, braaigeriewe en boma-area benut.

Die diere besoek gereeld die omgewing, so maak seker jy het genoeg peuselhappies om vir hulle te gee! Die nagapies is mal oor jogurt en piesangs. Hulle sal sommer vroegaand kom aanklop op soek na kos.

Slaapplek

’n Bespreking by Marlothii Safari House sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Dubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Koningingrootte-bed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Area 1
Plek vir 1 persoon
1 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Wildkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Baarshengel
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.7 uit 5van 7 resensies vir Marlothii Safari House
Netheid
4.7/5
Diens
4.9/5
Ligging
4.7/5
Veiligheid
4.7/5
Waarde vir geld
4.6/5

Ligging

  • Kameelperdlaan 1483, Marlothpark, 1321, Mpumalanga
  • Gaste dink Marlothii Safari House het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 400
per nag (plek vir 6)
Vanaf R1 400
per nag (plek vir 6)
Vanaf R1 400
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kameelperdlaan 1483, Marlothpark, 1321, Mpumalanga
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDE3OWNkYWFiLTIyNTUtNGFlMS1iNTNlLTA1ZGIzOTViNzMyMw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 400  per nag (plek vir 6) 7 5 1 5 1483 Kameelperd Avenue Marloth Park 1321 Mpumalanga 086 999 0018 14:00-22:00 10:00 -25.346715151994 31.764885597553
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za