Matt's Place

Voeg by Gunstelinge

 

Winteraanbod 10 % af

Kry 10% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 25 Apr 2019 tot 31 Aug 2019.

Beskrywing

Matt's Place bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n gesellige woonstel op die onderste verdieping in die veilige Ramsgate Palms-kompleks en is ’n kort stappie vanaf die strand. Die woonstel het nie ’n see-uitsig nie, maar gaste het egter direkte toegang tot die Blouvlagstrand van die kompleks af.

Daar is gewilde restaurante soos Blue Lagoon Restaurant en The Waffle House op die strand, stapafstand van die eenheid af.

Dié woonstel het slaapplek vir 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers, 1 badkamer en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die eerste slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Elke slaapkamer het 'n plafonwaaier, en linne en badhanddoeke word voorsien. Die badkamer het 'n stort-oor-bad, toilet en wasbak. Die kombuis is ten volle toegerus vir selfsorg. DStv met beperkte kanale is beskikbaar.

Daar is ook veilige onderdakparkeerplek vir 1 voertuig langs die eenheid.

Die eenheid word nie daagliks skoongemaak nie. Indien jy 'n skoonmaakdiens gedurende jou verblyf verlang, kan dit teen 'n ekstra koste gereël word.

Let asb. daarop dat Matt's Place is gesinsvakansiehuis is. Dis ideaal vir gesinne en paartjies wat op soek is na 'n rustige seevakansie. Die kompleks het streng reëls oor geraas. Gaste kan ongelukkig nie partytjies of kuiers hou nie.

Die kompleks bied toegangbeheer met 24 uur-sekuriteit en word beveilig met elektriese heinings. Die kompleks bied ook 'n wassery, veilige gemeenskaplike swembad en braai-areas in die tropiese tuine.

Slaapplek

'n Bespreking by Matt's Place sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  Aparte Toilet
  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Waaier

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Agter Elektriese Hek

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Matt's Place gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R600 R540 per nag (plek vir 4)

Kry 10% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 25 Apr 2019 tot 31 Aug 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false