Matumi Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Matumi Lodge is in Hoedspruit in die Limpopo-provinsie met pragtige kamers wat in die rustige, natuurlik omgewing geleë is. Ideaal vir diegene wat op soek is na 'n onvergeetlike Afrika-safari met ongelooflike gasvryheid.

Matumi bied 20 losstaande grasdak-eenhede. Daar is 4 eenhede met dubbelbeddens en die ander 16 eenhede het elkeen 'n dubbelbed, enkelbed sowel en 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Verdere geriewe sluit in: lugversorging en tee- en koffiemaakgeriewe.

Een van die unieke kenmerke van Matumi is die groot swembad waar gaste rustig met 'n drankie kan ontspan of afkoel. Die lodge het ook sy eie restaurant met 'n kroeg.

Die lodge is in die middel van ons groen, skaduryke inheemse tuin geleë. Dis die ideale plek om te ontspan terwyl jy deur Matumi se personeel gepamperlang word. Ons grasdakke en verskeie safari-styl ontwerpe verseker 'n tradisionele gevoel. Ontspan in die tuin waar jy dalk, as jy gelukkig is, 'n wilde bokkie of twee sal sien! Of gaan koop 'n paar geskenkies by ons winkel op die perseel.

Matumi bied ook wildritte in oop 4x4 safari-voertuie in 'n welbekende reservaat en die Krugerwildtuin aan. Elke wildrit is anders en die area bied oorgenoeg avontuur!

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Kroeg
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Swembad
  •  Begeleide Wildritte as Ekstra
  •  Gastesitkamer
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Restaurant op Perseel
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging
  •  Dataprojektor
  •  Blaaibord
  •  Witborde
  •  Internet
  •  Skuifie-projektor
  •  Plek vir tot 30 afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete
  •  Aandete Op Versoek
  •  Middagete
  •  Piekniekmandjies Op Versoek
  •  Tee
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Matumi Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 600 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false