Mauya Cottage

Voeg by Gunstelinge

 

Langtermynverblyf-aanbod 20 % af

Kry 20% af vir verblyf wat 5 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

Beskrywing

Mauya Cottage is in die lowerryke Mabille Park, 'n voorstad van Kuilsrivier geleë. Dis in 'n rustige omgewing, waar baie inwoners stap, draf of met hulle honde gaan stap.

Die verblyf bestaan uit 1 Mauya-kothuis en 4 O&G-kamers. Mauya Kothuis het slaapplek vir 2 gaste daar is 1 slaapkamer, 1 badkamer, en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die slaapkamer het 'n dubbelbed en die badkamer het 'n stort, toilet en 'n wasbak.

Die kombuis is ten volle toegerus vir selfsorg en het 'n stoof, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, breekware en eetgerei. Daar is ook 'n ontbyttoonbank met stoeltjies. Die eetkamer het sitplek vir 2 en die leefarea het 'n gemaklike sitkamerstel.

O&G 1 en 2 het elk slaapplek vir 2 gaste op 2 enkelbeddens. Dié kamers deel 'n stort en aparte toilet. Albei het 'n platskerm-TV met DStv.

O&G 3 het slaapplek vir 2 gaste en O&G 4 het slaapplek vir 1 gas. Altwee kamers het 'n en suite-badkamer. Daar is ook ’n gemeenskaplike sitarea en tee- en koffiemaakgeriewe.

’n Braai-area en veilige parkeerplek is beskikbaar op die perseel.

Kenmerke

  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Masseer- en Skoonheidsterapie
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Engels

Konferensiegeriewe

  •  DVD-speler
  •  Kantoorgeriewe
  •  Internet
  •  Televisie
  •  Plek vir tot 10 afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Kamerbediening
  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek
  •  Piekniekmandjies Op Versoek
  •  Tee
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af
  •  Parkering Op Die Straat

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Mauya Cottage gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R490 R392 per nag (plek vir 2)

Kry 20% af vir verblyf wat 5 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za