- Slaapplek vir 6 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - 309 Maroela Street, Hoedspruit Wildlife Estate, Hoedspruit, 1380, Limpopo Sien kaart
Beskrywing
Mawusi Bush Lodge is geleë in die Hoedspruit Wildlife Estate met uitsig oor die groen gordel. Die selfsorg-lodge bestaan uit 3 slaapkamers, ideaal vir 6 gaste.
Die lodge is smaakvol gemeubileer en al die kamers het beide plafonwaaiers en lugversorging, asook die ononderbroke uitsig oor die pragtige Afrika-bos. Elke slaapkamer beskik oor 'n koningingrootte bed en 'n en suite-badkamer met 'n ekstra groot stort, toilet en wasbak. Vir u gerief word badkamertoebehore voorsien. Twee van die slaapkamers het hul eie yskas en mikrogolfoond, tesame met eetgerei en breekware.
Die kombuis is besonder goed toegerus en sluit 'n vierplaat-elektriese stoof met oond, 'n groot dubbeldeur-yskas-vrieskas, mikrogolfoond, broodrooster en ketel in. Geriewe sluit in gratis tee, koffie, suiker en melk, tesame met beskuit.
Die sitkamer en aparte eetkamer lei na 'n oordekte patio met braaigeriewe wat uitkyk oor die watergat waar wild soos koedoes, impalas, waterbokke, sebras, wildebeeste, vlakvarke, njalas en kameelperde, sowel as talle voëlspesies, kom drink.
Die Lodge bied ook 'n mobiele spa-fasiliteit vir skoonheids-, gesondheids- en masseringsfasiliteite. Ons doen ook besprekingsreëlings vir restaurante.
Mawuisi Bush Lodge is die ideale basis vanwaar die vele besienswaardighede in die omgewing verken kan word, soos die wêreldbekende Krugerwildtuin, die Panorama-roete, die Hoedspruit Endangered Species Centre sowel as die Moholoholo Rehabilitation Centre.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Cathy Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 35
Op LekkeSlaap 10 jaar
Ligging
- 309 Maroela Street, Hoedspruit Wildlife Estate, Hoedspruit, 1380, Limpopo
- Gaste dink Mawusi Bush Lodge het ’n uitstekende ligging
Toeganklikheid
Jy sal nog nie hoef te betaal nie.
309 Maroela Street, Hoedspruit Wildlife Estate, Hoedspruit, 1380, Limpopo
Sien kaart- Slaapplek vir 6 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang