Manaba Akkommodasie by Meeuloper Shabay Villas Uvongo | LekkeSlaap
+93

Meeuloper Shabay Villas Uvongo

4 resensies
Selfsorg
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 08:00
  • Adres: Shabay Villas, Lilliecrona Boulevard, Uvongo, N/a, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R600 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

Meeuloper Shabay Villas Uvongo is 'n selfsorg-vakansiewoonstel met 2 slaapkamers wat op die seefront in die eerste ry van 'n stil kompleks, Shabay Villas, geleë is. Gaste kan die branders van hulle slaapkamers, sitarea en balkon af dophou. Die eenheid het slaapplek vir 4 gaste.

Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, toilet en 'n wasbak. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en die tweede badkamer het 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die sitarea bied toegang tot die balkon met 'n uitsig oor die see.

Die woonstel is toegerus met 'n stoof, mikrogolfoond, yskas, 'n aparte diepvrieskas, broodrooster, tee- en koffiemaakgeriewe, eetgerei en breekware, 'n braaipan, ysboks, 'n braai van vlekvrye staal en daar is 'n platskerm-TV en DStv-koppelpunt. Gaste moet asb. hul eie dekodeerder en slimkaart saambring. Explore-dekodeerders werk nie.

Die kompleks het gemeenskaplike braaigeriewe en 'n groot tropiese tuin wat oor die swembad uitkyk. Daar is 1 veilige onderdakparkeerplek vir 'n voertuig en ekstra oop parkeerplek vir 'n sleepwa in die karavaanpark. Die woonstel het nie skoonmaakdienste nie en skoonmaakdienste word ook nie gereël nie. Slegs 1 voertuig en 1 sleepwa word per woonstel toegelaat. Gaste se besoekers mag nie die kompleks se geriewe soos parkeerplek, die swembad en die braai gebruik nie. Die woonstel word nie skoongemaak nie en 'n skoonmaakdiens is ook nie beskikbaar nie.

Meeuloper het 'n kluisie, 'n opvou-buitetafel, stoele, 'n gemeenskaplike droër, strykyster, strykplank en 'n wasmasjien.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering

Opsomming van Resensie

4.5 uit 5van 4 resensies vir Meeuloper Shabay Villas Uvongo
Netheid
4.5/5
Diens
4.0/5
Ligging
4.8/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.3/5

Ligging

  • Shabay Villas, Lilliecrona Boulevard, Uvongo, N/a, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Meeuloper Shabay Villas Uvongo het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R600
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R600
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 08:00
  • Adres: Shabay Villas, Lilliecrona Boulevard, Uvongo, N/a, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDQ2YTYzNTI5LTRiODQtNDE5MC1iNjk0LTllZWYwODVlMjkzYQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R600  per nag (vir 2 persone) 4 5 1 5 Shabay Villas, Lilliecrona Boulevard Uvongo N/a KwaZulu-Natal 086 999 0018 14:00-19:00 08:00 -30.850547685474 30.386381149292
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za