Melkbosch Guest House
-
Voorkeurvennoot
- Kapasiteit: 29 persone
-
Inkloktyd: 12:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Mosterstraat 89, Melkbosstrand, 7441, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R1 020 per nag (vir 2 persone)
Beskrywing
Melkbosch Guest House is in die kusdorpie Melkbosstrand aan die noord-oostelike rand van die Kaapse Metropool geleë. Die dorpie staan bekend vir sy rustigheid, wye wit strande, watersport en Weskus-gasvryheid. Dit is 'n maklike wegbreek van die stad se geraas. Dis ongeveer 20 minute van die stadskern af en 35 minute van Kaapstad Internasionale Lughawe, daarom is Melkbosch Guest House ideaal geleë vir diegene wat uit die stad wil wegbreek, maar nie te ver van hul besigheid wil wees nie.
Ons kamers op die boonste verdieping is sonnig en front noord. Almal beskik oor en suite-badkamers. Daar is kroegies met voorraad, koffie- en teemaakgeriewe, ’n TV met DStv en 'n skryftafel in elke kamer. Al die kamers het privaat ingange en die meeste kamers lei na die balkon met 'n skuifdeur. Die balkon kyk uit op die privaat omheinde tuin en braai-area. Gratis WiFi is beskikbaar regdeur die gebou en aandete- en/of middagete-pakkies kan gereël word op versoek.
Daar is uitstekende branderplankry- en hengelplekke al langs die ongerepte strand. Talle bekoorlike restaurante en koffiewinkels in die area bied net die blaaskans wat jy nodig het! Smullekker seekos by die restaurante op die strand wag op jou, of jy kan selfs 'n skemerkelkie of twee met sonsondergang geniet. Ons kan die see sien en hoor, aangesien ons slegs een straat van die strand af geleë is. Daar is nie 'n beter manier om die dag mee af te sluit as om die asemrowende sonsondergange by Melkbosstrand te geniet, of 'n heerlike ete by een van die restaurante in die area te hê nie.
Kenmerke
Geriewe
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Braaiplek
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Troeteldiere indien gereël
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Ontbyt
- Aandete Op Versoek
Parkeerplek
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Ligging
- Mosterstraat 89, Melkbosstrand, 7441, Wes-Kaap
- Gaste dink Melkbosch Guest House het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Melkbosstrand Kaapstad Wes-Kaap
- Kapasiteit: 29 persone
-
Inkloktyd: 12:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Mosterstraat 89, Melkbosstrand, 7441, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom