Menlo View Guest Rooms

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Menlo View Guest Rooms skuil in Menlo Park in Pretoria-Oos. Dié stil, lowerryke woonbuurt is net 'n klein entjie se stap vanaf Menlyn Winkelsentrum, die Sun Arena by Times Square en Menlyn Maine Casino. Die restaurante by The Village word in die aand in 'n area vol feëliggies omtower en is stapafstand vanaf die eenheid, asook Dischem, Woolworths food, Planet Fitness Gym en die Club Surgical centre. Wegneem-eetplekke soos Fishaways, KFC en Steers is 'n paar tree weg. Al die eenhede is selfsorg, het gratis WiFi asook DStv.

Ontbyt is naby die gastekamers by 23 on Hazelwood Restaurant beskikbaar en hulle is van vroeg af oop.

Die verblyf beskik oor 4 gemeubileerde eenhede met slaapplek vir 11 gaste.

Die Gesinseenheid het 2 slaapkamers en bied slaapplek aan 3 gaste. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 'n enkelbed. Die kamers deel 'n badkamer in die middel met 'n instapstort, toilet en wasbak. Die eenheid het ook 'n platskerm-TV met DStv in die hoofslaapkamer. Daar is koffie- en teemaakgeriewe, 'n mikrogolf, yskassie, opwasgeriewe, breekware asook 'n spieëlkas en 'n stoel.

Die Familie de Luxe-eenheid het 'n dubbelbed en 'n enkelbed wat met muurafskortings geskei word. Die kamers deel 'n badkamer met 'n groot instapstort, wasbak en 'n toilet. Die eenheid het 'n leefarea tussen die kamers met 'n volledige kombuis, sofa en 'n tafeltjie met stoele. Daar is 'n verstelbare platskerm-TV teen die muur met DStv (vir die leefarea en area met dubbelbed).

Die Koninginkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort-oor-bad, toilet en wasbak. Daar is ook 'n platskerm-TV met DStv, koffie- en teemaakgeriewe, breekware, 'n tafeltjie en stoele.

Die Gesinseenheid en Koninginkamer het nie 'n volledige kombuis nie, maar wel 'n yskas, mikrogolf en koffie- en teemaakgeriewe is beskikbaar in elke eenheid, asook ’n buitebraai. Komplimentêre sjerrie word voorsien.

Die Tuinkamer bied slaapplek aan 3 gaste en daar is 3 trappies wat na die houtdek lei. Die kamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n instapstort, wasbak en 'n toilet. Handdoeke en seep word voorsien. Die sitarea het 'n slaapbank en 'n TV met DStv-kanale. Gaste het toegang tot gratis WiFi en 'n verwelkomingsdrankie. Die kombuisie is met 'n mikrogolf, ketel, yskassie en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus.

Gaste het toegang tot die tuin en daar is ’n privaat stoep vir elke eenheid. Daar is veilige parkeerplek op die perseel.

Menlo View Guest Room is naby talle hospitale in die ooste van Pretoria, Menlyn Mall, Menlyn Maine, Sun Arena, Times Square en die Oog Instituut is maklik bereikbaar van hier af.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Baarshengel
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  24-uur Ontvangs
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensiegeriewe

  •  Internet

Maaltye Aangebied

  •  Tee

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Menlo View Guest Rooms gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R400 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za