Millstream Inn Guest House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Millstream Inn Guest House bied gastekamers en dit is op 'n privaat perdelandgoed geleë, in Skeerpoort, 12 km van Hartbeespoort af. Dis ideaal vir gaste wat op soek is na gerieflike verblyf naby verskeie besienswaardighede. Ons bied ook klein trou-venues, teen geen ekstra koste as jy die hele gastehuis vir die naweek bespreek.

Verblyf word aangebied in executive selfsorgkamers wat smaakvol versier is. Die kamers is ingerig met koningingrootte-beddens en en suite-badkamers met storte of baddens, asook wasbakke en toilette. Kamers 1, 2 en 3 het elk 'n kombuis met toebehore vir selfsorg en Kamers 6 en 5 het nie kombuise nie. Elke kamer het 'n TV met sekere DStv-kanale.

Gaste mag nie later as 19:00 inklok nie.

Elke kamer het sy eie braaigeriewe en veilige parkeerplek is beskikbaar. Millstream Inn Guest House is naby konferensie- en trougeriewe geleë sowel as talle binnenshuise en buitelug-doendinge. Die perseel word omring deur pekanneutbome, lusernvelde en die Magaliesberge. Gaste is welkom om na die talle damme op die perseel te stap en pieknieks daar te geniet. Klein troues kan ook hier gehou word. Gaste kan ook op 'n vang-en-vrylaat-basis visvang.

Vir die kinders is daar groot grasperke en baie bome. Die damme het eendjies en visse en daar is baie voëllewe. Hoenders en hase loop oral rond. Daar is een mak volstruis en skape met lammers. Gaste kyk uit op die Magaliesberge.

Daar is ’n welbekende spa net 800 m van ons af. Ontbyt, middagete en aandete kan by die restaurant bestel word en dan afgelewer word aan gaste. Die spyskaarte is in die kamers.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Rolstoelvriendelik

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Millstream Inn Guest House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R800 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za