Cacadu-distrik Akkommodasie by Millwood Guest Lodge | LekkeSlaap
+21

Millwood Guest Lodge

Selfsorg
  • Kapasiteit: 23 persone
  • Inkloktyd: 07:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 16:00
  • Adres: Millwood Plaas, Klipplaat, 6255, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R3 200 per nag (vir 23 persone)

Beskrywing

Millwood Guest Lodge is 'n ongekunstelde en huislike selfsorgplaashuis op 'n privaat plaas sowat 12 km vanaf Klipplaat. Die plaashuis is ideaal vir 'n groot groep van 23 gaste wat op soek is na 'n lokaal vir 'n konferensie of 'n spanbou-wegbreek van die stad.

Die ruim lodge beskik oor 6 slaapkamers en 3 badkamers. Die hoofslaapkamer het 2 enkelbeddens, 1 dubbelbed en 'n bababedjie; die tweede slaapkamer het 4 enkelbeddens en 1 dubbelbed; die derde slaapkamer het 3 enkelbeddens en 1 dubbelbed; die vierde en vyfde slaapkamers het elkeen 2 enkelbeddens; die sesde slaapkamer het 3 enkelbeddens en 1 dubbelbed. Die badkamers het elkeen 'n stort of 'n bad.

Die kombuis is goed toegerus met 'n yskas, mikrogolfoond en 'n oond met 'n stoof. Die eetarea het 'n etenstafel met sitplek vir 8 en in die sitkamer is daar 'n kaggel. Die leefarea lei na 'n kroeg en buitebraai-area waarvan gaste gerus gebruik kan maak.

Die huishoudster kan vooraf Karoo-skaaptjoppies, tuisgemaakte koedoe-wors en heerlike tuisgebakte potbrood teen ekstra koste vir gaste voorsien. Daar is oorgenoeg plaaspaaie om die huis en op die plaas waar kinders lekker met hulle fietse kan rondry.

Bergfiets-entoesiaste kan ook die plaaspaaie in die omgewing verken, sowel as die bergfietsroetes op die plaas. Gaste is welkom om die plaas te voet te verken en hulle oë oop te hou vir inheemse wild, soos koedoes, duikers, steenbokkies en rooiribbokke wat vry op die plaas wei.

Daar is ook springbokke in 'n kamp naby. Dis 'n voëlkykersparadys met oorgenoeg voëls en eende oral op die plaas, by die damme en die riviere.

Daar is nie WiFi of TV om jou aandag af te trek nie, maar daar is die naggeluide van die natuur, 'n helder sterrehemel en asemrowende sonsondergange wat die plaas 'n lieflike bestemming maak om te ontspan.

Slaapplek

’n Bespreking by Millwood Guest Lodge sluit in:

Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 1
Plek vir 5 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
1 xDubbelbed
1 xKinderbedjie
Enkelbed / Driekwartbed Dubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 6 persone
4 xEnkelbed / Driekwartbed
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed Dubbelbed
Slaapkamer 3
Plek vir 5 persone
3 xEnkelbed / Driekwartbed
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 4
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 5
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Enkelbed / Driekwartbed Dubbelbed
Slaapkamer 6
Plek vir 5 persone
3 xEnkelbed / Driekwartbed
1 xDubbelbed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Aandete Op Versoek
  • Piekniekmandjies Op Versoek

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Ligging

  • Millwood Plaas, Klipplaat, 6255, Oos-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Cacadu-distrik Oos-Kaap
Vanaf R3 200
per nag (vir 23 persone)
Vanaf R3 200
per nag (vir 23 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 23 persone
  • Inkloktyd: 07:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 16:00
  • Adres: Millwood Plaas, Klipplaat, 6255, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA1079dsVboXA12EXlOlnm5egq9RphMOKdstnyY7w9R7nXBkQATJ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R3 200  per nag (vir 23 persone) Millwood Farm Klipplaat 6255 Oos-Kaap 086 999 0018 07:00-19:00 16:00 -32.934269 24.351921
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za