Mimosa 17

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Mimosa 17 is 'n selfsorgwoonstel op die strandfront in Seepunt. Gaste kan stap na 'n aantal restaurante en besienswaardighede in die omtrek, en as hulle nie omgee om 'n entjie te ry nie, is daar ook heelwat doendinge in Kampsbaai en die Kaapse middestad wat net om die draai is.

Die woonstel het slaapplek vir 3 gaste en beskik oor 2 slaapkamers, 1 badkamer en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed, 'n spieëltafel en 'n skuifdeur wat na die balkon lei. Die tweede slaapkamer het 'n enkelbed en 'n boekrak. Die badkamer het 'n stort, toilet en 'n wasbak.

Die kombuis is ten volle toegerus met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, wasmasjien, breekware en eetgerei. Die eetarea het sitplek vir 4 gaste en die sitarea het 'n gemaklike rusbank en 'n platskerm-TV teen die muur met sekere DStv-kanale en gratis WiFi.

Die woonstel bied 'n pragtige uitsig oor die Atlantiese Oseaan vanaf die balkon wat via die hoofslaapkamer en die oopplan-leefarea bereik kan word. Hier kan gaste 'n skemerkelkie geniet of die buitenste eetplek dek vir 'n ete met 'n uitsig oor die oseaan en die stadsliggies.

Slaapplek

'n Bespreking by Mimosa 17 sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 1 persoon
1 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Swem

Badkamer

  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Mimosa 17 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 238 per nag (plek vir 3)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za