Mist of Gold

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Nuwe bestuur vanaf April 2017. Die eienaars is besig om die kothuise en geriewe op te knap.

Mist of Gold het 'n bekoorlike, natuurlike ligging in die hartjie van Hoedspruit (Limpopo) en is ideaal vir gaste wat op soek is na 'n wegbreekplek waar hulle steeds 'n ware Afrika-ervaring kan beleef. Daar is 4 houthuise wat in 'n rustige tuin geleë is. Die eienaars is op die perseel in hul huis woonagtig en gaste het toegang tot die houthuisies van die straat af.

Ons bied toegeruste houthuise met al die basiese geriewe en alles wat jy vir oornagverblyf mag nodig kry. Daar is braaigeriewe, 'n kluis en veilige parkeerplek. Alle akkommodasie het lugversorging. Handdoeke en beddegoed word voorsien. Daar is 'n daaglikse skoonmaakdiens. Die houthuisies beskik oor 'n yskas en satelliet-TV.

Hoedspruit is in die Olifantsvallei in Limpopo-provinsie geleë wat aan Mpumalanga grens. Ons is ook deel van die Laeveld Legogote net 'n klipgooi weg van die majestueuse Drakensbergreeks met die asemrowende Panorama en Blyderivierspoort op ons drumpel. Mist of Gold is 'n klipggooi weg van die Krugerwildtuin se Orpen-hek of Phalaborwa-hek en al die prag van die Limpopo- en Mpumalanga-Laeveld.

Mist of Gold bied bekostigbare groepsverblyf met 'n goeie prys vir plaaslike en oorsese besoekers.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Duits

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Mist Of Gold gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R700 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za