Mlondozi Self-catering Chalet
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 4 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Selati-singel 110, Mhlatikop, Malalane, 1320, Mpumalanga
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R1 110 per nag, vir 4 mense
Beskrywing
Mlondozi Self-catering Chalet bied gerieflike en volledig toegeruste verblyf in 'n sekuriteitskompleks, net 5 minute vanaf die Malelane-hek na die Krugerwildtuin.
Die chalet word nie beïnvloed deur beurtkrag nie, aangesien die elektrisiteit verskaf word deur RCL Suikermeul (wat hulle eie krag opwek).
Die Malelane-streek is bekend vir suikerriet, bosveld en toerisme, en dit bied 'n rustige vakansie-atmosfeer aan besoekers. Die chalet is in die modieuse Mhlatikop, 'n unieke buurt so paar kilometers buite die Malelane-dorpie.
Die chalet is geskik vir 4 gaste en is op die eienaar se perseel. Dit het sy eie ingang en 'n ruim parkeerarea en die chalet is apart van die huis, en is stil en privaat.
Daar is 4 enkelbeddens in die ruim oopplan-kamer. Die aparte badkamer het 'n stort, toilet en 'n wasbak.
Die kombuisie het basiese selfsorggeriewe soos 'n tweeplaatstoof, oondjie, mikrogolfoond, yskas, vrieskas, tee- en koffiemaakgeriewe, eetgerei en breekware.
Die stoep word omring deur 'n ingeslote tuintjie waar gaste kan braai en ontspan. Die tuin is die tuiste van vele plaaslike voëlspesies, apies, en nagapies.
Vir die warmer dae, is daar 'n groot sinkbad met koue water in die tuintjie, waar gaste heerlik kan afkoel.
Die verblyf is ideaal vir sakereisigers wat op soek is na privaat, selfsorgverblyf naby RCL Malelane, en vir vakansiegangers wat die Krugerwildtuin, wat 2 km van hier af is, wil besoek. Swaziland is slegs 45 km weg, Mosambiek net 60 km weg, en Barberton is 70 km weg.
'n Wandelroete van omtrent 3 km, is onlangs uitgelê deur die natuurlike bosveldareas binne die sekuriteitskomplex, en bied gaste die geleentheid om lekker te gaan stap, voëls te kyk en ook net rustig te sit en die natuurskoon om hulle te geniet, in 'n veilige bosveld-omgewing.
Slaapplek
’n Bespreking by Mlondozi Self-catering Chalet sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Fietsry
Aktiwiteite Naby
- Groot 5
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Konferensiegeriewe
- Lugversorging
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Agter Elektriese Hek
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Aparte toilet
- Stort
Eenheidgeriewe
- Lugversorging
- Eetkamer
- Waaier
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Boeke en tydskrifte
- Eksklusiewe dstv
Opsomming van Resensie
Ligging
- Selati-singel 110, Mhlatikop, Malalane, 1320, Mpumalanga
- Gaste dink Mlondozi Self-catering Chalet het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Malelane Nasionale Krugerwildtuin Suid Mpumalanga
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 4 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Selati-singel 110, Mhlatikop, Malalane, 1320, Mpumalanga
- Alle ouderdomme is welkom